Pa slaan glo seun dood oor neute

Argieffoto: Pixabay.com

Die Nigeriese polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn pa glo sy seun doodgeslaan het gedurende ʼn onderonsie oor kasjoeneute.

Ebere Amaraizu, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in die Obinetiti Isikwe-nedersetting in Enugu in die suidoostelike gebied van Nigerië plaasgevind.

“Hyacinth IIo (60) het in ʼn woordewisseling met sy seun, Izuchukwu Ilo, betrokke geraak oor aan wie die neute behoort,” het Amaraizu gesê.

“Gedurende die onderonsie het die pa sy seun met ʼn stok teen die agterkant van sy kop geslaan. Die seun het dadelik inmekaargesak en gesterf.”

Volgens Amaraizu het die pa sy seun in ʼn vlak graf in sy erf begrawe toe hy besef het hy is dood. Die man is kort daarna in hegtenis geneem en gee sy samewerking in die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Coen ·

Hierdie is totaal onaanvaarbare gedrag maar n goeie loesing niks mee verkeerd nie.

cb ·

Jammer Coen maar dit is wereld se goed , dit behoort nie eers aan die Pa nie, dit is vir hom gegee met vergunning van Onse Vader. soos is onse lewens. Hoop hy kry die swaarste straf. Amen

hendrik ·

Pa 60 jaar oud en seun seker ten minste 30. In Afrika is dit maar net gewone geweldsmisdaad.

Muffin ·

Dit is Afrika. Wonder wat se die Amerikaanse Prsesident nou.

Manie Strydom ·

Wat hy nog altyd gesê het dit is n s#*% hole en ek stem saam

JoeV ·

Die gebied is “Enugu”, nie Enuguin, dalk tik fout. Enugu was my huis vir lang tyd.

Phillip ·

Dagsê JoeV

Ons vra omverskoning vir die oorsig. Die berig word gewysig.

Groete

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.