Die Nigeriese polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn pa glo sy seun doodgeslaan het gedurende ʼn onderonsie oor kasjoeneute.
Ebere Amaraizu, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in die Obinetiti Isikwe-nedersetting in Enugu in die suidoostelike gebied van Nigerië plaasgevind.
“Hyacinth IIo (60) het in ʼn woordewisseling met sy seun, Izuchukwu Ilo, betrokke geraak oor aan wie die neute behoort,” het Amaraizu gesê.
“Gedurende die onderonsie het die pa sy seun met ʼn stok teen die agterkant van sy kop geslaan. Die seun het dadelik inmekaargesak en gesterf.”
Volgens Amaraizu het die pa sy seun in ʼn vlak graf in sy erf begrawe toe hy besef het hy is dood. Die man is kort daarna in hegtenis geneem en gee sy samewerking in die ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Hierdie is totaal onaanvaarbare gedrag maar n goeie loesing niks mee verkeerd nie.
Pa 60 jaar oud en seun seker ten minste 30. In Afrika is dit maar net gewone geweldsmisdaad.
Dit is Afrika. Wonder wat se die Amerikaanse Prsesident nou.
Die gebied is “Enugu”, nie Enuguin, dalk tik fout. Enugu was my huis vir lang tyd.