Die pa van ʼn 13-jarige seun het by ʼn woonstel ingebreek en die ma van die kind met ʼn swaard aangeval.
Die polisie in Battle Creek, Michigan in die VSA sê die 35-jarige vrou is in ʼn ernstige toestand nadat sy Vrydag met ʼn 1 meter lange swaard aangeval is. Sy is na ʼn hospitaal geneem waar sy geopereer is. Die swaard is op die toneel gevind.
Die polisie sê die 35-jarige man het gevlug, maar die kind het hom aan ondersoekbeamptes uitgeken. Hy is kort daarna naby Kalamazoo opgemerk en is in hegtenis geneem. Hy is in aanhouding.
Die ondersoek duur voort.