Pa van moord verdink ná seun vermis raak

Aramazd Andressian en sy seun, Aramazd Andressian jr. (Foto: Facebook/ABC)

Aramazd Andressian (35), die pa van die vermiste vyfjarige Kaliforniese seun na wie owerhede al sowat twee maande lank soek, is Vrydag in hegtenis geneem ná hy van moord verdink word.

Aramazd Andressian jr. word al sedert 22 April vermis nadat hy nie teruggekeer het van sy besoek aan sy pa nie. Andressian jr. was veronderstel om ʼn week saam met sy pa deur te bring aangesien sy ouers gedeelde voogskap het.

Volgens CNN is Andressian sr. later dieselfde dag deur die polisie by ʼn hospitaal opgespoor. ʼn Verbyganger het hom glo bewusteloos en met verskeie kneuswonde aan sy lyf in die pad gekry. Sy seun was egter vermis.

Lt. Joe Mendoza van die Los Angeles-polisie het gesê Andressian kon niks van die voorval onthou nie, en het glo nie geweet waarom sy seun weg is nie. Hy het wel later ʼn verklaring uitgereik waarin hy sê sy seun wou eers by die plaaslike parkie gaan speel het voor hy na sy ma sou teruggaan.

“My enigste afleiding is dat ek aangeval is, veral omdat ek bewusteloos daar gelê het. Ek en my familie is gebroke omdat hy vermis is en dalk seergemaak kan word.”

Die Los Angeles-polisie het ná ʼn volskaalse maand lange soektog egter Vrydag besluit om Aramazd in hegtenis te neem omdat hy van die moord op sy seun verdink word.

Die seun se ma, Ana Estevez, het Vrydag weer tydens ʼn openbare perskonferensie gesmeek dat haar seun na haar toe teruggebring moet word.

ʼn Ondersoek duur steeds voort.

Bron: CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

MissDemeanor ·

Ja dit kan gedoen word as daar genoeg ander bewyse is dat n moord waarskynlik gepkeeg is. Anders kan almal wat lyke wegsteek met moord wegkom.

Desire ·

Word heel moontlik deur die eksman se familie gehou tot die hitte van die pa is, dan word hulle weer herenig. Baie oorspronklike idee

Justice ·

Die arme ma gaan seker deur hel – ek hoop en vertrou dat die kind lewend gevind sal word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.