Pa van vele word onverwags miljoenêr

Saniniu Laizer wys die wêreld se grootste tanzaniet-stene wat hy ontdek en van hom ʼn kitsmiljardêr gemaak het. (Foto: Tanzanië se ministerie van minerale hulpbronne/ANA)

ʼn Kleinskaalse mynwerker en pa van 30 het ʼn kitsmiljoenêr geword toe hy op twee van die wêreld se grootste tanzaniet-stene afgekom het.

Saniniu Laizer het ʼn tjek van 7,74 miljard Tanzaniese sjielings (byna R58 miljoen) van die land se ministerie van minerale hulpbronne ontvang nadat hy die edelstene in ʼn myn naby aan die grens met Kenia gevind het, aldus Al Jazeera.

Tanzaniet-stene kom nêrens anders in die wêreld voor buiten in die noorde van Tanzanië nie en dit is van die seldsaamste stene. Die waarde word bepaal deur die kleur of helderheid – groen, rooi, pers of blou, berig die BBC.

Laizer se twee stene weeg onderskeidelik 9,2 kg en 5,8 kg en oortref albei die vorige rekord van 3,3 kg. Al Jazeera berig die stene is byna so groot soos ʼn mens se voorarm.

Simon Msanjila, woordvoerder van die ministerie, het gesê dit is die twee grootste stene wat nog ooit in Mirerani uitgehaal is.

President John Magufuli het Laizer telefonies gelukgewens toe hy die tjek regstreeks op televisie ontvang het. “Dit is die voordeel van kleinskaalse myners en dit bewys dat Tanzanië ryk is,” het Magufuli gesê, aldus die BBC.

Laizer het vier vroue en 30 kinders. Hy beplan om in sy gemeenskap te belê en hou vol hy sal nie sy leefstyl verander nie. “Ek wil ʼn skool en ʼn winkelsentrum bou,” het hy gesê. “Ek wil ʼn skool naby aan my huis bou. Daar is baie arm mense in die omgewing wat nie kan bekostig om hul kinders skool toe te stuur nie. Ek is nie geleerd nie, maar ek hou daarvan om dinge op ʼn professionele manier te doen. So ek wil hê my kinders moet ook die besigheid professioneel bestuur.”

Op bevel van Magufuli het Tanzanië se weermag in 2017 ʼn muur van 24 km om die mynbouperseel opgerig om smokkelbedrywighede te voorkom. ʼn Verhoogde inkomste is in 2018 reeds deur die regering bevestig.

Al Jazeera berig kleinskaalse myners is nie formeel in diens van mynboumaatskappye nie en myn gewoonlik per hand. Tanzanië het handelsentra landswyd opgerig sodat myners soos Laizer edelstene en goud aan die regering kan verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elize ·

Genugtig 30 kinders! Het hierdie man geen einde aan al sy energie nie?

Hennie J ·

Toe ek die opskrif van die berig lees toe wonder ek dadelik by welke munisipaliteit of staatsdepartement die kader “ontplooi”is.

Mallie ·

Moet tog asseblief net nie dat die Chinese daarvan hoor nie.

Raakvatter ·

My vriend in Tanzania sê dit is ‘n verkiesing foefie (nie die stene nie, die geld). Sy presiese woorde “Money comes from the left hand, placed at the table and picked up by the right hand”. Hy sê dit is die woord in die straat. haha.
Ek sal maar aanhou Lotto speel.

Martie Smartie ·

Seker Popeye se voorarm ja, na n paar blikkies spinasie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.