Pa verloor ook baba ná ma chemo weier

Klein Life Lynn (Foto: Michelle Werkema via AP)

Die vroeggebore baba wie se ma vroeër vandeesmaand dood is nadat sy chemoterapie geweier het sodat haar ongebore baba kon leef, het ook nou gesterf.

Carrie DeKlyen, ʼn vrou van Michigan in die VSA, het opslae gemaak nadat sy gekies het om nié behandeling vir breinkanker te ontvang nie, ten spyte van dokters se waarskuwings dat sy sou sterf indien sy nie onmiddellik behandeling sou kry nie.

DeKlyen sou haar baba, haar sesde kind uit haar huwelik met Nick DeKlyen, moes laat aborteer indien sy met die chemoterapie wou voortgaan.

Die DeKlyen-gesin het in ʼn verklaring bevestig die klein Life Lynn is Woensdagnag dood. Sy sou na verwagting minstens vier maande in die hoësorgeenheid van ʼn hospitaal in Michigan moes deurbring, maar dokters het op 18 September opgemerk dat sy bloeding op die brein het.

“Dit is met groot hartseer en absolute gebroke harte dat ons bekend maak Life Lynn gisteraand dood is. Carrie sus haar baba nou in die hemel. Ek het geen verduideliking hoekom dit gebeur het nie, maar ek weet dat Jesus ons lief het en dat ons eendag sal weet hoekom. Die hartseer wat ons voel is byna ondraaglik – bid asseblief vir ons familie,” het die gesin in ʼn verklaring op Facebook gesê.

Carrie is 10 September dood. Volgens Nick was sy omring deur familielede en haar laaste woorde was glo: “Ek sal jou in die hemel sien.”

Die presiese oorsaak van Life Lynn se dood sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word.

Bron: Fox6Now

Nick en Carrie DeKlyen (Foto: Michelle Werkema via AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ander Annie ·

Al is jy in ‘n verre land, Innige simpatie met die groot hartseer. Ek het so gehoop julle babatjie sal vir jou vertroosting bring. Baie sterkte aan jou en julle familie. (Ek weet jy kan nie die boodskappie lees nie, maar ek wil dit darem net skryf. )

Zettie ·

Ai, hoe hartseer……hulle lyk na so ‘n pragtige paartjie. Dis soos hy gesê het – sy sus nou haar babatjie in die hemel……..R I V.

Meraai ·

Verskriklik hartseer – Maar MAMMA en BABBA is nou veilig by LIEWE JESUS en BABBA in MAMMA se ams – innige simpaties aan Familie.

christa ·

my hart is so seer. Sterkte. Bly klou aan jou geloof. Eendag sal ons van aangesit tot aangesig sien wat nou vir ons raar is. Jesus is en het die antwoorde.

Sproetjies ·

Sterkte aan die familie en die Pappa met julle groot verlies.

Lukie Carelsen ·

Geen mens kan jou indink wat hierdie familie deurmaak nie. My hart gaan uit na hulle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.