Pa wat kind in warm kar los, van moord aangekla

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

’n Pa van Ohio in die VSA word van moord aangekla nadat hy sy eenjarige kind ure lank in ’n warm voertuig gelos het. Landon Parrot (19) het glo aan polisie erken dat hy dit doelbewus gedoen het.

CBS News berig dat Parrot sy kind Donderdag bewusteloos by die Cleveland Clinic Union Hospital aangebring het, waarna die polisie ontbied is.

Luidens ’n polisieverklaring het Parrot tydens ondervraging teenstrydige weergawes van die gebeure gegee. Nadat die polisie hom glo met bykomende bewyse gekonfronteer het, het hy “erken wat met sy seun gebeur het”.

Volgens Michael Goodwin, hoof van die New Philadelphia-polisie, het Parrot sy seuntjie vir vyf ure in die voertuig gelos terwyl temperature buite tot meer as 30 °C gestyg het.

Parrot het dit glo gedoen omdat hy nie wou hê die kind moes ’n “steurnis in die huis wees nie”.

Benewens moord, word Parrot ook van manslag aangekla, asook dat hy ’n kind in gevaar gestel het.

Hy word tans by die Tuscarawas-tronk aangehou en moet $250 000 (meer as R4 miljoen) opdok indien hy op borgtog vrygelaat wil word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tersie ·

Vader van Genade kan ‘n Pa dit aan sy eie kind doen. Dis vreeslik! ????

liesl ·

Dit is hoekom kinders van vandag kinders kry en nogself ‘n kind is. Hulle wil nie verantwoordelikheid vat vir daai kleintjie. Ek hoop hulle gee hom die swaartse straf ooit, hy verdien nie ‘n tweede kans in die samelewing nie!!

almanie ·

Die resultaat van ñ kind wat ñ kind het, hulle kan nie die verantwoordelikheid hanteer nie…….asb tieners, wees verantwoordelik en maak seker om nie swanger te raak nie en nie iemand swanger te maak nie!!!!
Rus in vrede Engel kindjie ❤️❤️

PoppieK ·

En ons noem hom “pa” van daai kind? Verdien nie daai titel nie jou gemors!!

Koos 100 ·

Groot verskil tussen ‘n kind maak en ‘n kind groot maak. Waar was die vrou wat geboorte aan die kind geskenk het?

Tanya ·

Gee hom die doodstraf en laat hy ook stadig dood gaan in een van daai kommersiele oonde, op ‘n lae hitte, maak hom vas aan ‘n stoel sodat hy elke bietjie kan voel wat daai baba seuntjie moes voel!

Kerrie ·

Toemaar . . .hy sal nooit weer n steurnis in jou lewe wees nie…mag God jou vergewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.