ʼn Man is Dinsdag in Frankryk in hegtenis geneem nadat hy glo sy 23-jarige seun vermoor het omdat die seun glo verslaaf was aan speletjies op die internet.
Die seun is Maandagaand in Luc-sur-Orbieu, ongeveer 120 km suidwes van Montpellier, vermoor tydens ʼn stryery oor sy verslawing. Ondersoekbeamptes het aan die plaaslike media gesê die pa het die seun aan die keel gegryp en hom verwurg.
Die voorval word nog ondersoek, het die Midi Libre-koerant berig. Die 43-jarige pa, wat aangekla word van moord, is glo platgeslaan deur sy seun se afsterwe.
Die nadoodse ondersoek word Woensdag gedoen. -SAPA
Tragies, maar ek dink n paar ouers hier voel partykeer dieselfde.