Paartjie dalk tronk toe ná hulle strand se sand ‘steel’

14 plastiekbottels vol sand wat die Franse paartjie in hulle kattebak gehad het (Foto: Italiaanse polisie via AP)

ʼn Franse paartjie kan tot ses jaar tronkstraf gevonnis word ná hulle ongeveer 40 kg wit sand van ʼn strand op die Italiaanse eiland, Sardinië gevat het.

Die polisie in Italië het Dinsdag gesê hulle het die sand van die strand in 14 plastiekbottels in die egpaar se sportnutsvoertuig opgespoor tydens ʼn soektog op 15 Augustus op ʼn veerboot van Sardinië na Frankryk.

Die egpaar het aan die polisie gesê hulle het nie geweet dit is onwettig om die eiland se bekende sand huis toe te vat nie. Die sand word beskerm in openbare belang. As hulle skuldig bevind word, kan hulle ses jaar tronkstraf opgelê word vir diefstal met verswarende omstandighede.

Dit is nie duidelik wanneer hulle verhoor sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Muffin ·

Ag nee verdomp. Wat te erg is is te erg. Is dit dalk n diamantveld.

Aarbei ·

Wat as elke tweede persoon besluit om a paar gram sand terug te neem. Binnekort niks oor nie.

Sarie ·

Hulle is seker bang as al die sand weg is, is Italie onder water!

Skoolgeld ·

Dis ñ eerste wêreld land, nie ñ ramp soos SA nie! Ja, misdaad is misdaad dink vir jouself ?

Michael P ·

Wat word van die wereld. Tronk toe vir sand? Wat sal die land met ons moordenaars dan doen.

Phil ·

Dit is hoekom hulle misdaadsyfer laer is as by ons want daar is wette wat gehoorsaam moet word anders gaan jy tronk toe……

Leoni ·

O wee!!! Ek wonder net oor die bottels seewater wat ek huistoe gebring het vir Sofie???

Muffin ·

Ag Aarbei as elke 2de persoon n klompie sand vat sal dit nog steeds op die aardbol wees.
Kan nie weg raak nie. Moord is erger.

De Villiers ·

@Muffin, hierdie storie mag dalk na iets onbenullig klink, maar die ekostelsel word daardeur versteur. Dis dan juis ń bewaarde gebied, so hulle moes van beter geweet het. Dieselfde geld bv. by SANparke ook. As jy enigiets natuurliks daaruit verwyder, is dit strafbaar. Dis in belang van die natuur, en vir mense wat die natuur waardeer en wil oppas, om dit te geniet.

LD ·

Tronk toe vir sand vat?? Watse twak is dit nou!! Hulle moet na SA toe kom om misdaad te sien!

Skoolgeld ·

As iets nie aan jou behoort nie, dan is dit nie joune nie! DIS PRESIES WAT JY NIE VERSTAAN NIE !! Of dit sand of ñ skaap is ?

Essie ·

Sand is sand wat maak daai eiland se sand so spesiaal dat jy dit nie mag vat nie

Genoeg ·

Ag en issie eensie hulle se sand nie, is mos Liewe Jesus sinne. Eish!!!!

Jannie ·

ABSOLUUT BELAGLIK!!! Netnou sal hulle mense vervolg vir “Diefstal van vars lug”!!! Kleinlik!!!

Willa ·

Tronk toe vir dit.Dit is belaglik.n Boete is voldoende.Die mense sê hulle het nie geweet nie.Daar behoort n duidelike kennisgewing te wees.

Ferdie can Wyk ·

Dis stupid…duidelik het hulle mis persepsie van crime …

Ferdie van Wyk ·

Dis stupid…duidelik het hulle mis persepsie van crime …

Anna ·

Ai julle, kan hulle dan nie maar die sandjies terug gooi en miskien ‘n geringe boete kry nie. Die boete kan dan maar aangewend8 word om die ecostelsel se bewaring te bevorder. 6 jaar tronkstaf is darem verregaande.

Right said Fred ·

Ek sit met twee klein botteltjies Namib woestyn sand…??

Lizl ·

O aarde, Fred, ek en jy sit saam in die tronk!! Jy met jou Namib duin en ek met my Struisbaai skulpies…..????

humor ·

Ag kom vat maar hier by ons Namibwoestynsand. Sommer hier by Hentiesbaai na die ooswind op die noordduin huise byma toegewaai het. Dit is gratus en verniet. Tot die voleinding sal daar genoeg wees.

Annie2 ·

Ek sit met bietjie kalahari sand en daar is nog baaaaaaie. Nee wat ek dink ook dit is sommer simpel. Gaan die see ook uitdroog elke keer wat ons seewater huistoe vat.

Cherokee ·

So, dìt is dus wat grond gryp beteken. Belaglik, is dit nie!

Sulette ·

Ek verstaan dat sand net sand is maar ek moet ook sê dat elke keer as mens n eiland nader wat wel in beskermings belang is daar op die bote herhaaldelik klem gele word op die wette , boetes en straf prosesse. Ek glo nie hulle sal sommer net toeriste arresteer en sodoende almal skrik op die lyf jaag nie. Mens word herhaaldelik ingelig om asb die omgewing te respekteer en nie die of daai te vat nie en wat nagevolge is. Waar oor 40kg vat in elk geval? Dis effe erg vir memorabilia. CNN berig wel dat daar n onwettige internet mark is vir die rare wit sand. So ek dink glad nie 40kg was so onskuldig nie.

Anon ·

Hahahaha dis baie snaaks eintlik, om vir so stupid rede in die tronk te kan beland.

Phil ·

Dit is jammer dat die wette van ons land so geignoreer word en hoekom, mense kom weg met alles……
Dit is hoekom daardie land se misdaadsyfer laer is as hier by ons.

Spikkels ·

Regtig!!! Sand. Asb en verkragters en moordernaars loop los rond, maar vir sand tronk toe??

marous ·

In suid afrika kan jy lewenslank kry as jy twee bottels vaal rivier water in jou kar het …vir vervoer van middels wat die hele mensdom kan uitwis

annalie ·

O jitte wat van die sand wat aan hulle kar se wiele gekom het of nog erger die sand tussen hulle tone…… ….ja hulle is voorwaar skuldig!!!!

PJN ·

Ek gaan my oorgee aan die polisie!!!!!!!! Ek sit ook met ‘n botteltjie rooi kalahari sand!!!!!

JohanL ·

Duidelik het ons in SA so gewoond geraak aan moord en doodslag, dat so ‘n oortreding as belaglik geag word! Ons moet egter onthou dit is hoekom Afrika volgens Trump ‘n gemorshoop is en Europa ‘n beskaafde land is – daar word wette afgedwing en meestal eerbiedig.

Ek dink wel tronkstraf is te erg en dat ‘n stewige boete voldoende sou wees.

Jessica ·

I take from our beach down here in South Africa, is the sand holy there

Koos ·

Wil net noem dat daar skynbaar daar in SA geen respek vir die wet oorgebly het nie. Is daar gebore maar neem kennis van hoe landswette eenvoudig verontagsaam word. Tragies.

Aijaijai ·

Dankie vir julle kommentare ek nou kliphard gesit en lag voor my rekenaar.Salf vir my seer gemoed vanoggend. Julle het my dag gemaak dankie

Oom Walker ·

Twee maande tronkstraf per kg sand klink heel billik…

Zumie ·

Ons gemenereg het bepaal dat diefstal net gepleeg kan word op iets wat aan iemand behoort en nie op “res nulliae” (maw goed wat aan niemand behoort nie soos lug en grond ens.) dit bly die logiese benadering by diefstal……

Dankie vir die pittige bydrae oor hoe ons nou “grondgryp” kan vertaan

Alida ·

Ek wens hulle wil hierdie spul in SA kom leer hoe om misdaad te bekamp. Behoort lank besig te wees.

kolla ·

Dit mag dalk as ‘n skok kom vir sommige maar in SA mag jy ook nie sommer ‘n vrag sand van die strand af wegry nie.

Sarie ·

Hulle misdaadsyfer is seker so laag dat die tronke leeg is en bewaarders ledig rondsit, dat hulle nuwe oortredings en wette moes uitdink. Dis werkskepping.

Ant ·

40 kg !!?? Wow dis bietjie woes, ekt gedink dis in n mooi botteltjie of so iets, maar 40 kg is bietjie baie. Stel julle voor 1000 toeriste vat 40kg se sand per week, week na week ,maand na maand, jaar na jaar. CRAZY !!

Stel ·

Reels is reels, dis wat SA nie verstaan nie. Reels is nie gemaak om gebreek te word nie. As almal volgens die reels lewe sal daar nie chaos wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.