Paassondag-aanval: Nog twee ontploffings; dodetal styg

Familielede ondersteun mekaar buite ‘n lykshuis in Colombo. Foto: (AP Photo/Eranga Jayawardena)

Nog twee bomme het Sondag in Sri Lanka ontplof terwyl die dodetal al tot minstens 140 gestyg het.

Volgens ander berigte is die dodetal al nader aan 160 en is minstens 35 van die oorledenes buitelanders. Meer as 500 mense is beseer.

Die twee jongste bomontploffings het buite Colombo, die hoofstad, plaasgevind nadat ses bomme ʼn paar uur vroeër amper gelyktydig ontplof het. Een van die jongste bomontploffings was by ʼn gastehuis.

Ruwan Wijewardene, Sri Lanka se minister van verdediging, het godsdienstige ekstremiste vir die terreuraanval blameer en gesê die oortreders is glo geïdentifiseer en sal binnekort in hegtenis geneem word. Wijewardene het intussen ʼn aandklokreël tot verdere kennisgewing ingestel. Sosiale media word ook tydelik verban.

Ranil Wickremesinghe, Sri Lanka se eerste minister, vergader intussen met top- militêre beamptes en het gesê die regering doen onmiddellik stappe om die situasie onder beheer te probeer bring.

Twee van die bomontploffings is glo deur selfmoordbomaanvallers uitgevoer. In Colombo is ʼn kerk en drie hotelle geteiken.

Die skade by die Shangri-la hotel in Colombo. Foto: (AP Photo/Eranga Jayawardena)

ʼn Kerk is ook in Negombo, noord van Colombo, en in Batticaloa, oos van Colombo, geteiken. Niemand het al verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.

Die bomaanvalle word intussen uit alle oorde ten sterkste veroordeel. Die aartsbiskop van Parys, Michel Aupetit, het gesê hulle is saam met Sri Lanka in rou. “Hoekom soveel haat op ʼn dag wat ons die liefde vier?”

Jacinda Ardern, premier van Nieu-Seeland, het ook die aanvalle veroordeel. Volgens die land se departement van buitelandse sake is daar minstens 115 Nieu-Seelanders tans in Sri Lanka, maar dit is nog nie bekend of enige van die burgers onder die oorledenes is nie.

Frank-Walter Steinmeier, president van Duitsland, en Jean-Claude Juncker, hoof van die Europese Unie se uitvoerende kommissie, het ook die aanvalle veroordeel. Bahrein, Katar en die Verenigde Arabiese Emirate het ook verklarings uitgereik ná die aanval.

Theresa May, Britse eerste minister, het die aanvalle as “werklik verskriklik” beskryf terwyl pres. Wladimir Poetin van Rusland dit as “wreed en sinies” bestempel het. Turkye se pres. Recep Tayyip Erdogan het die aanvalle beskryf as ʼn “aanslag op die mensdom”.

Die skade by die Shangri-la hotel in Colombo. Foto: (AP Photo/Eranga Jayawardena)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

Dit klink vir my altyd sinneloos en doelloos om gebeure ‘ten sterkste te veroordeel’ Dit beteken eintlik niks meer as ‘òns sal nooit sò iets doen nie!’.

IK ·

Opvallend hoe stil SA is waar kerke betrokke is… ?? Ek het ook my bedenkinge dat Notre Dame ‘toevallig’ vlam gevat het weens ‘n nie-moedswillige nalatigheid.

Koos de Meyer. ·

Terroriste sal jy nooit uitroei nie. Hulle is soos miere, keer hom hier dan kom hy op ‘n ander plek onverwags uit. Dan ook nog hierdie selfmoord brommers.

Zaks ·

Norte Dame, beslis nie n oeps fout nie… Owerhede steek brandstigting weg…
Seker bang vir nog n B.T

Sarie ·

Ek hoop die verban-vuurwapens-groepies besef nou burgerlike besit van bomme was nog altyd oral onwettig maar, boem!, teroriste plant bomme. Om vuurwapens te verban is sinneloos. Slegte en/of mal mense is die probleem. Nie vuurwapens of bomme nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.