Pakistan dreig Israel met kernaanval ná fopnuus

Pakistan

Pakistan

Die Pakistanse minister van verdediging sit met eier in die gesig ná hy op sterkte van fopnuus Israel met ’n kernaanval gedreig het.

Minister Khawaja Asif het op ’n “berig” op die webwerf AWDNews gereageer. Volgens die “berig” het die Israelse minister van verdediging, Moshe Ya’alon glo gedreig om Pakistan met kernwapens aan te val sou Pakistan onder enige voorwendsel wat ook al, grondtroepe na Sirië stuur. Ya’alon het egter reeds vroeër vanjaar as minister bedank.

Nie alleen het Asif nie geweet sy eertydse ampsgenoot is nie meer Israel se minister van verdediging nie, dit het hom skynbaar ontgaan dat Israel nog nooit erken het dat die land oor kernwapens beskik nie. ’n Israelse minister sou dus nooit ’n dreigement van hierdie aard gemaak het nie.

Israel het op die dreigement gereageer deur daarop te wys dat die beweerde stellings deur die vorige minister nooit gemaak is nie.

Bron: The Telegraph

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

c ·

Daar is niks nuut daaraan nie. So oud soos die berge.
Sou graag wou weet wat Asif se terugvoer (indien enige) aan Israel behels.

Paul ·

Dis ‘n direkte vertaling van die Engelse “egg on his face”. ‘n Beter Afrikaanse vertaling sou wees “sit met ‘n rooi gesig”.

Piet ·

Wou hulle nie dalk eintlik gese het, die pakistanse minister het sy naam met n plank geslaan nie? Dis dalk nie hoe Afrikaans nie maar dis wat tog wat hy gedoen het. Net weer n bewys van wat se twak n minister in n piesangregering kan kwyt raak. Zuma was seker al gereed om troepe te stuur!

gatiep ·

Hoe op aarde kan jy n minister wees met al die intelegensie om jou en jy kan nie sien wat is fopnuus nie?Enige mens met internet kan net gaan ondersoek instel of iets waar is of nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.