Palestyne wil oor jaar vrede met Israel hê

Foto: http://www.i24news.tv/

Foto: http://www.i24news.tv/

Jordanië het Woensdag ’n ontwerpresolusie by die VN-Veiligheidsraad ingedien waarin vrede met Israel binne ’n jaar in die vooruitsig gestel word.

Die algemene vertolking is dat Jordanië die resolusie met die instemming van die Paletynse owerheid gedoen het. Die Palestynse verteenwoordiger by die VN het trouens aangedui dat daar nog oor die teks onderhandel kan word. In teorie kan die stemming hieroor binne 24 uur plaasvind, maar daar sal na verwagting ’n gekibbel oor die bewoording wees, en die stemming kan dalk nooit plaasvind nie.

Volgens die resolusie moet Oos-Jerusalem die hoofstad van die staat Palestina wees. Jerusalem moet gesamentlik die hoofstad van Palestina en Israel wees. Die resolusie eis ook dat Israel na die grense van die Wes-Oewer en die Gasastrook van voor 1967 terugkeer. Die resolusie het ten doel om uiting te gee aan die visie van twee onafhanklike, demokratiese en welvarende state.

Israel het reeds die VSA genader om die voorstel te veto. Hoewel Israel nou ook ’n tweestaatoplossing voorstaan, verwerp dit die aandrang op die herstel van die 1967-grense, onder meer weens veiligheidsoorwegings.

Hoewel die oë op die VSA gerig is om te sien of dit die resolusie sal veto, is daar ander lande met vetoreg wat aan ‘n ander resolusie werk. Brittanje, Frankryk en Duitsland werk aan ’n resolusie wat op ’n oplossing deur onderhandelinge fokus.

Israel is daarteen gekant dat die VN ’n “oplossing” afdwing, en beywer hom daarvoor dat die oplossing deur voortgesette onderhandelings bereik word.

Die onderhandelinge tussen Israel en die Palestynse owerheid van Mahmud Abbas, het egter tot stilstand geknars na die owerheid ’n eenheidsregering met Hamas gevorm het. Hamas beheer die Gasastrook en dring op die vernietiging van Israel aan. Israel beplan nie om onderhandelinge te hervat so lank Hamas deel daarvan is nie.
Bronne: ANP, Reuters, Trouw, Times of Israel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Grassie ·

Die Israeliete en die Filistyne veg al vir ongeveer 4000 jaar met mekaar. Die moontlikheid dat hulle nou sal ophou is baie skraal.

Brennon Cohen ·

I CANNOT AND WILL NOT AGREE- I am a South African Jew and the Resolution to the UN was that Israel should completely abandon the Jewish homeland within the next to years- This information stated in this article is false and inaccurate and quite frankly comes from a typical South African perspective since South Africa has officially broken it’s good ties with Israel.

Get a grip South Africa – You are not supporting people who want peace but savage, Anti- Semitic terrorists with your Pro- Palestinian rallies. Palestine isn’t even a country.

Stop writing about things you know nothing of. There’s a hot debate for you

Brennon Cohen ·

Sir,, “Palestine” and the “Philistines” aren’t even the same thing,, “Palestinians” as they call themselves- Are Arabs- The Philistines were a Canaanite nation and used to be nomads before they tried anything,, your timeline is also flawed because 4000 years ago Joseph was barely in Egypt

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.