Panda-tweeling gebore

Mei Xiang Foto: AP Photo/Susan Walsh

Mei Xiang Foto: AP Photo/Susan Walsh

Die reusepanda Mei Xiang het Saterdag geboorte geskenk aan ʼn tweeling by die Smithsonian- nasionale dieretuin in Washington DC in Amerika.

Die eerste babapanda is om 17:35 gebore en die tweede is om 22:07 gebore.

Die babapandas is in ʼn broeimasjien geplaas aldus protokol. Volgens die dieretuin se Facebook-blad gaan dit goed met die babas.

Die geslag van die babapandas is nog nie bekend gemaak nie. Hul sussie, Bao Bao, is twee jaar gelede gebore.

Mei Xiang (17) is kunsmatig geïnsemineer met sperm van twee manlike pandas, een in China en een in die nasionale dieretuin.

Dit sal nagenoeg vier maande duur voordat besoekers die babas sal kan sien.

Hulle sal ook, net soos hulle sibbe Bao Bao en Tai Shan, vier jaar by die dieretuin spandeer voordat hulle terugkeer na China.

Dit is die vyfde en sesde babas vir Mei Xiang. Twee van haar vorige babas het nie oorleef nie.

Die geboorte is regstreeks op die internet uitgesaai.
Klik hier om regstreekse beeldmateriaal van Mei Xiang te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.