Pandabeer begin reis van VSA na China

Bao Bao. (Foto: African News Agency)

Bao Bao. (Foto: African News Agency)

ʼn Reuse-pandabeer van die Smithsonian Nasionale Dieretuin in Washington in die VSA het Dinsdag dié dieretuin gegroet.

Bao Bao, die naam wat vir haar uitgekies is deur aanhangers op sosiale media, is op pad China toe. Sy het die vlug van 16 uur met 22 kg bamboes, 1 kg appels, soetpatat en water aangepak. Bao Bao weeg 93 kg.

Daar is Dinsdagoggend ʼn spesiale afskeid gehou waartydens duisende aanhangers kom groet het. Bao Bao is op pad na China om deel te wees van ʼn teelprogram.

Daar is glo nog net 1 600 reuse-pandabere in die wêreld oor waarvan die meeste in China voorkom.

“Dit is beslis hartseer om haar te groet, maar ek is regtig gelukkig met die wete dat sy goed versorg sal word in China se groot pandabewaringsentrum,” het Mariel Lally, ʼn pandaversorger by die dieretuin, gesê.

Die Chinese bewaring-en-navorsingsentrum vir pandas in Chengdu het reeds vir Bao Bao ʼn hok gereed. By haar aankoms sal Bao Bao vir ʼn maand in afsondering deurbring om aan te pas by haar nuwe omgewing.

Cui Tiankai, die Chinese ambassadeur in die VSA, en Dennis Kelly, direkteur van die VSA se nasionale dieretuin, het ook gister vir Bao Bao totsiens gesê.

Volg Bao Bao se avonture op haar Twitter-rekening.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanL ·

Snaaks dat hulle so omgee vir hulle (Chinese) eie inheemse spesies. Hulle is egter nie baie bekommerd oor ons renoster, perlemoen, reptiele, leeus, ietermagogs en haaie nie. Nou loop donkies ook al deur.

LS ·

Presies wat ek gedink het JohanL toe ek hierdie berig gelees het.
Ek kon dit nie beter gestel het nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.