Paniek toe vrou tydens vlug kajuitdeur wil oopmaak

‘n Skermskoot uit die video

Die kajuitbemanning van ʼn Amerikaanse United Express-vlug moes Maandag noodgedwonge ʼn vrou kalmeer nadat sy tydens die vlug gepoog het om die kajuitdeur oop te maak.

Die Amerikaanse nuuswebwerf CBS berig die kajuitpersoneel het die vrou glo vasgedruk terwyl sy onbeheerbaar geskree het: “Ek is God! Ek is God!”

Volgens die webwerf was die vlug onderweg van San Francisco na Boise in die deelstaat Idaho. Daar was 73 passasiers in die vliegtuig.

Volgens ʼn kenner wat met CBS gepraat het, is dit nie moontlik om die kajuitdeur in die lug oop te maak nie as gevolg van die lugdruk. Een van die passasiers, wat anoniem wou bly, het egter aan die webwerf gesê die voorval was vreesaanjaend en meeste passasiers het vir hul lewe gevrees.

Die vliegtuig het volgens berigte veilig in Boise geland waar die vrou deur die polisie aangehou is. Die die Boise-polisie sê daar is nog nie besluit of aanklagte teen die vrou aanhangig gemaak moet word nie.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Kyk die video hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Ag nee. Poging tot ? . Sou persoonlik die aapstuipe gekry het as sy dit wou doen en ek ‘n passasier was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.