Papegaai dalk getuie in moordverhoor

'n African Grey (Foto: Karolyn83, pixabay)

‘n African Grey (Foto: Karolyn83, pixabay)

Aanklaers in Amerika probeer uitpluis of hulle ʼn papegaai as getuie in ʼn moordverhoor kan gebruik, nadat die papegaai glo die laaste woorde van ʼn man, wat vermoor is, herhaal het.

Glenna Duram (48) van Michigan word aangekla van die moord op haar man, Martin, wat voor die egpaar se African Grey gebeur het.

Duram word daarvan verdink dat sy haar man vyf keer geskiet het voordat sy haarself ook geskiet het. Sy het egter die kopskoot oorleef.

Naasbestaandes van die familie het gesê die egpaar het glo oor onbetaalde rekeninge gestry.

Martin se eksvrou, Christine Keller, het gesê die papegaai het twee verskillende stemtone gebruik om die bakleiery tussen die egpaar uit te beeld.

Hy het al frases geuiter soos ‘Gaan uit!’, ‘Waarheen sal ek dan gaan?’ en ‘Moenie skiet nie’.

Aanklaers weet egter nie of dié woorde in die hof sou tel nie.

Robert Springstead, ʼn Newaygo County-staatsaanklaer, het gesê dié saak laat prokureurs kop krap. “Dit is ʼn baie interessante saak en sover ʼn geleentheid vir my om meer te leer oor die African Grey-papegaaie. Op die oomblik kyk ons of die inligting betroubaar sal wees om in die hof te gebruik,” het hy gesê.

ʼn Papegaai is in 1993 ook as ʼn getuie in die hof oorweeg in ʼn moordsaak teen Gary Joseph Rasp.

Bron: The Telegraph, BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Staatmaker papegaaitjie ·

Hulle moet huls tudie doen, hul kan dit gebruik. Ek is geen expert, maar ons het ook een. Ons het vir Papegaai ge-erf, ja en ons weet presies wat het in die huis gebeur voor Pa dood is, hy is aan natuurlike oorsake dood, maar was hulbehoewend en ja die merrie was nie mooi met hom, daarom sal daar nooit ‘n verhouding of hulp aan haar wees nie. Jy weet presies wat in ‘n huis aangaan en in wie dit sê, hul praat in elke persoon se stemtoon, presies hoor. Hy is met die vadoek teen die hok geslaan as hy haar aangevat het, want hy het in Pa se stem saam geraas. Met ‘n tong klap. In ons huis lag ons te lekker vir alles wat so presies in ons woorde en emosie uitkom, so glo maar daai papegaai, daai merrie het hom geskiet.

Wat-ek-lees ·

Heel waarskynlik is die papegaai meer betroubaar as die liegmasjien oftewel leuenverklikker (lie dedector) wat nou se dae geglo word.

Piet Snot ·

Die kruisverhoor gaan maar knor.
Kan jy hom dreig hy gaan braaihoender word as hy lieg?

Chris ·

Die papegaaie gee n uiters bedroubare weergawe as hulle iemand of selfs diere namaak.
Ons gesin het een wat by ons is vir ongeveer 14 jaar. Eendag vlieg n duif oor sy hok op die stoep. Van skrik val hy van sy stok af tot op die hok se vloer. My vrou kom sit by my op die stoep en ek vertel haar laggend wat gebeur het. Die papegaai het my stip aangekyk. Toe ek klaar vertel het, se hy vir ons in n onbekende stem” dit is nie n grap nie”. Hulle is dalk baie meer inteligent as wat ons dalk dink.

REGVERDIG ·

Vertrou maar daardie African Grey. Ek het ook een en hulle suig verseker nie daardie woorde uit hulle “pootjies” uit nie.

tamboti ·

Laat die papegaai getuig met leuenverklikker – as hy dop, laat waai met sy kop!
Ek hoor al die staatsaanklaer vra, ” Mister Grey – will you please repeat what you heard the night of the shooting”
En Pollie haak af: HELLO HELLO HELLO

Elize C ·

Sjoe….dan is my twee rooi-sterte seker maar bietjie dom…. Die mannetjie is 19 jaar oud en die wyfie 17, en hul hok is ook nog altyd in die huis. Hulle ryg ook sinnetjies uit, klink of hulle ‘n gesprek met mekaar voer, ons kan net nie altyd mooi uitmaak wat hulle sê nie. Maar die twee het nog nooit ‘n woord of sin herhaal wat hulle slegs een keer gehoor het nie. Dit wat hulle sê, is woorde of frases wat ons hulle by herhaling geleer het, of sonie is dit woorde wat hulle in elk geval gereeld hoor, soos die honde wat uitgejaag word met ‘n kwaai (my) stem: “Uit is julle!” So te oordeel aan my twee, is dit vir my nogal moeilik om te glo dat die voël die woorde “moenie skiet nie” of dan te wel “Don’t f… shoot!” (soos ek in ‘n ander berig gelees het) in die man se stem herhaal……..

African Grey ·

Elize, dit is maar net omdat joune saamwoon en mekaar kan vermaak. Ons sin is alleen en as dit duidelike bevel of veral kragwoord, na net 1 maal kom dit duidelik en in presies dieselfde toon uit!!!!! Hul sal partymaal nie voor vreemdes praat nie, maar staan om die hoek en jy verstom jou!!! Soms hoor jy goed wat jy dink jy nooit sê nie!!! tamboti lag maar vir papegaai, sorg net dat jy nooit strooi aanjaag voor hom nie, anders sal hy vir djou honner vertel.

dhs ·

Stem, my gaai is blerrie oulik, sal als herhaal wat hy/sy gehoor het, maar ja verbaas jou soms met goed wat jy dink hy/sy aalankaal vergeet het – goeie geheue ja beslis, maar korttermyn het ek gevind kan ek haar eers oor drie dae iets oor en oor leer (so vir getuienis – nee..) – en sy sal dan kan herhaal miskien) l. Met my grey het ek wel ondervind dat sy baie makliker met ‘n growwe stemtoon (mans) leer, soms in 1 dag! Nee, hierdie is nie geloofwaardige getuienis nie – Jammer!!! Dit is nogsteeds net ‘n Grey xx Maar mense ek love hulle.. Myne het ‘n horrelpootjie en naam is Baba. Spesiale stoute liefste Bababol van Warmbad!

Annette ·

Ons een is 6 jaar oud en sy gesels n hond uit n bos. A die kleinkinders van die skool af kom vra sy dadelik of hulle brood wil he. en as jy aan die sleutels vat dan se sy Byyeee mooi ry. Dan natuurlik wil o ns haar wegsteek as die dominee kom kuier want daar kom so af en toe n lelike woord te voorskyn. Sy jaag ook die honde uit en ken elkeen se naam. O ja en dana se sy ” my naam is Pepe en Pepe is n stooorrrmmmeeeerrr.. Mal oor haar.

johann cb ·

Sê nou hy vloek die regter? Dan beland die enigste getuie agter tralies en die moordenaar is vry! Eish!

Sterretjie ·

As alle troeteldiere kon praat sou die moordenaars gou vas getrek word

Cherokee ·

Wenk:
As jou vrou na hierdie berig die African Grey wil verkoop of weggee, gaan saam met die pappegaai.

EB ·

African Greys is soveel inteligenter as wat mense ooit sou kon dink. Ons het een gehad vir 25j. Wanneer ons TV gekyk het, het hy soms saam gekyk (as dit hom intreseer het). Hy het reageer op dit wat op TV gebeur nog voordat ons reageer. Bv as daar iets grappigs gebeur of gesê word dan sou hy eerste begin lag (en nee hul het nie op TV gelag nie). As daar iets gebeur soos in bang maak film waar mens sou skrik dan het hy “geskrik” al het ons nie geskrik. As daar warm toeneel opkom of iets wag in moeilikheid gaan ontaard dan het hy gesê “oh-oh”. Al die dinge het hy gedoen self wanneer hy alleen was met TV aan vir hom. Hy het uit sy eie geleer om die honde van buite af in te roep in ons stem en sodra hul inkom dan spring hy van bo in hok na onder met groot oop vlerke en sê “wha!”. So ook het hy self my naam leer verklein en my altyd op verkleinde naam geroep. Iets wat NIEMAND anders ooit gedoen het nie so hy dit nêrens gehoor voor hy dit self begin doen het nie. Mense onderskat hul baie…

Cherokee ·

Hulle, die Grey’s, is oulik soos alle diere en alle voëls en alle visse en alle reptiele ens ens ens oulik is. Maar soos met dolfyne (wat ek somtyds sien speel deur my sitkamervenster) word ook African Grey’s se intelligensie-vermoë geweldig oordryf. ‘n Papegaai is bloot ‘n nabootser wat geluide namaak en onthou asseblief dat dit nooit weet wat dit sê.

KP ·

Miskien as JZ die dag ook agter tralies beland sal hy miskien ook die helfte van n papegaai se brein he. Op die oomblik is daar die brein van n, wag ek sal eerder nie n ander dier so beledig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.