Papegaaie roep om hulp tydens brand

Een van die papegaaie wat in die brand in Idaho gered is Foto: WPXI-nuus

Een van die papegaaie wat in die brand in Idaho gered is Foto: WPXI-nuus

Daar was Vrydag groot verwarring tot noodreddingspanne op ʼn brand in Idaho in Amerika reageer het.

Toe die brandweerspanne opdaag, het hulle geluide in die huis gehoor en hulle was oortuig daar is mense vasgekeer in die brand. Toe hulle egter die vlamme onder beheer kon bring en die huis kon betree, het hulle ontdek dit is twee papegaaie wat om hulp geroep het.

Victor Islas, woordvoerder van die Middleton-brandweer, het gesê volgens die brandbestryders het die voëls “Help!” en “Brand!” geroep.

Die papegaaie is uit die huis gered en hulle het suurstof ontvang. Hulle sal die voorval na verwagting oorleef.

Owerhede ondersoek die oorsaak van die brand.

https://youtu.be/VRQXUxjcJx0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HEVW ·

Hulle die papagaaie (diere) roep so sodat die brand geblus kan word. Hier stig sommige brand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.