Paralimpiese atleet rand glo veiligheidswag aan

(Foto: Charly TRIBALLEAU/AFP)

ʼn Paralimpiese judoka van Georgië is Maandag in hegtenis geneem op aanklag dat hy ʼn veiligheidsweg ernstig beseer het by ʼn hotel in Tokio, het die polisie en plaaslike media gesê.

Die 34-jarige atleet, wat in kwarantyn in die hotel is, het glo die veiligheidswag se ribbes gebreek “toe hy hom aangeval en op die grond platgedruk het” in ʼn voorval verlede Donderdag, het ʼn woordvoerder van die polisie aan AFP gesê.

Die woordvoerder wou nie verder uitwei nie, maar plaaslike media het die man geïdentifiseer as ʼn judoka wat vanaf 24 Augustus aan die Paralimpiese Spele sou deelneem.

Voor die voorval het die veiligheidswag die man en ander atlete van Georgië gewaarsku oor geraas wat hulle maak terwyl hulle drink, het die Kyodo-nuusagentskap en ander plaaslike media berig.

Die atlete is in kwarantyn in die hotel naby Tokio se Haneda-lughawe ná ʼn lid van die land se span positief getoets het.

Die organiseerders van die Paralimpiese Spele en die Internasionale Paralimpiese Komitee het nog nie reageer op ʼn versoek om kommentaar nie.

Die atleet sal na verwagting uit die Paralimpiese Spele geskop word en teruggestuur word huis toe, aldus ʼn anonieme beampte van die organiseerderskomitee.

Sowat 4 400 atlete sal na verwagting deelneem aan die Paralimpiese Spele wat weens die Covid-19-pandemie met ʼn jaar uitgestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
VaalDonkie

Die steroides maak mens aggressief

Tiptol

Die atleet moet uit die spele geskors word en uit enige kompetisies vir die volgende jaar.