‘Parfuumwolk’ help om dronkbestuurder aan te keer

Argieffoto

Die polisie in Duitsland sê hulle het ʼn dronkbestuurder aangekeer wat agter struike “in ʼn parfuumwolk” weggekruip het.

Die polisie in Speyer het gesê die 26-jarige man het Vrydagaand vinnig by beamptes verbygejaag. Sy motor se ligte was ook nie aangeskakel nie en beamptes het hom agternagesit.

Die man het stilgehou en weggehardloop, maar beamptes het ʼn sterk parfuumreuk in die motor geruik en die reuk agtervolg totdat hulle die man agter struike aangetref het.

“Danksy die parfuumwolk in die motor en aan die man kon ons hom positief as die bestuurder uitken,” het die polisie bygevoeg.

ʼn Asemtoets het gewys die verdagte was ver oor die alkoholbeperking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan Venter ·

Wat van ‘n parfuum om ‘n weerbastige rasbehepte Julius aan te keer? En dan een met so ‘n Sebra sweetbos geur, ‘n skerp reuk soos katbos om die ANC tot orde te roep?

Johan Venter ·

Sebra sweetbos is ‘n immergroen tregtervormige plant wat tot ‘n meter en ‘n half hoog kan raak. Dit groei daar op plekke in Die Wildtuin anderkant Letaba ruskamp langs die pad, ook staan hier en daar sulke plate tussen die mopanies wat in herfskleure vlam, dié se blare is afgeëts teen die bome en struike se diep oorlangse groewe donker stamme en takke. Die plant het smal vaalgroen haaragtige blare, skerp reuk soos katbos, maar word ook bitterbos, stink bitterbos, of stinkbossie genoem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.