Parkeerassistent skryf Ferrari af

Foto: ANSA/EPA

Foto: ANSA/EPA

ʼn Parkeerassistent in Italië het ʼn Ferrari ter waarde van £300 000 (sowat R5,3 miljoen) afgeskryf nadat hy glo die versneller vir die rempedaal aangesien het.

The Guardian berig die parkeerassistent moes die Ferrari aan die eienaars, wat ʼn vergadering van Ferrari-entoesiaste bygewoon het, terugbesorg toe hy met die sportmotor deur ʼn winkelvenster gejaag het.

Die eienaars van die Ferrari 599 GTO, ʼn Duitse-egpaar, het glo net ‘n paar strate van waar die motor geberg is, tuisgegaan. Volgens die berig is die parkeerassistent lig beseer maar erg geskok. Hy word in ʼn hospitaal behandel.

Die identiteit van die motoreienaars is nie bekend gemaak nie. Die saak word deur ʼn versekeringsmaatskappy ondersoek.

Die Ferrari 599 GTO kan van 0 – 100km/h versnel in sowat drie sekondes en kan ʼn topspoed van meer as 320 km/h bereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elfie ·

Is die nie al ‘n ou storie nie? Andersins was daar ‘n rukkie gelede ‘n soorteglyke geval! Parkeer maar liefs self jou vuurwa sê ekke!

Elfie ·

Is die nie al ‘n ou storie nie? Andersins was daar ‘n rukkie gelede ‘n soorteglyke geval! Parkeer maar liefs self jou vuurwa sê ekke!

Pierre Celliers ·

Mmmmm….. aardse skat weg in ‘n oogwink!! He he.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.