Parys gaan liefde-slotjies afhaal

Pont des Arts Foto: AlexVan, Pixabay

Pont des Arts Foto: AlexVan, Pixabay

Die stadsraad in Parys, Frankryk, gaan die slotte wat toeriste op die Pont des Arts-brug vasgemaak het om hul ewige liefde te verklaar, verwyder.

Die stadsraad sal Maandag begin om die slotte te verwyder, berig die BBC.

Dit was ʼn tradisie van toeriste om ‘n slotjie, waarop voorletters uitgekrap is, aan die brug vas te maak voordat die sleutel in die Seinerivier gegooi word.

Van die plaaslike inwoners meen egter dié romantiese gebaar ontsier die stad. Die stadsraad sal die roosters uiteindelik met Plexiglas-panele vervang.

ʼn Gedeelte van die brug, met ʼn uitsig oor die Eiffeltoring, se heining het verlede jaar onder die gewig van die slotte begin meegee.

Pont des Arts Foto: Euronews

Pont des Arts Foto: Euronews

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

nig ·

Nou-ja,dis ‘n veiligheidsbesluit; as ‘n deel van heining reeds begin omval het is dit nodig. Ek wonder in elk geval met die egskeidingsstatistieke deesdae, hoeveel van daardie kammige ewige liefdes is nog bymekaar. Dalk is ek sinies maar ek sien maar hoe dinge om my is…

Peet Schabort ·

In SA sal ons nooit so ‘n probleem hê. So vinnig soos die slotte aangesit word net so vinnig sou dit na die skrootwerwe verdwyn het.
Dink net al daardie geelkoper . . . jô jô jô . . . Eish !!!

George ·

Ek kan nogal die prentjie sien. As ‘n mens kyk hoe word brugrelings weggedra na die skrotwerwe toe.

Dave ·

Miskien gemotiveer deur prokureurs wat hoop klomp egskeidings gaan daarop volg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.