Parys-slagting: Frankryk val IS aan; dié man gesoek

Foto: AP/Jerome Delay

Foto: AP/Jerome Delay

Frankryk het verskeie lugaanvalle geloods op opleidingskampe in Sirië wat deur die Islamitiese Staat (IS) beheer word.

Die aanval het gevolg ure nadat Frankryk se nasionale polisiediens ʼn internasionale soektog aangekondig het na ʼn gevaarlike verdagte wat vermoedelik by Vrydagaand se terreuraanvalle in Parys betrokke was.

Volgens Frankryk is twintig bomme onder meer op die IS se vesting in Raqqa afgevuur deur twaalf vegvliegtuie wat gelyktydig van Jordanië en die Persiese Golf vertrek het. Die aanval is glo in samewerking met Amerikaanse militêre magte uitgevoer. Laurent Fabius, Frankryk se minister van buitelandse sake, het die aanvalle geregverdig in die lig van Vrydagaand se aanvalle in Parys.

Salah Abdeslam

Salah Abdeslam

Die Franse polisie het intussen aangekondig sewe mense is reeds in hegtenis geneem in verband met die aanvalle en die soektog na nog verdagtes gaan onverpoosd voort. Verskeie sleutelverdagtes is ná die aanvalle deur die polisie voorgekeer en ondervra voordat hulle weer vrygelaat is, insluitende die 26-jarige Salah Abdeslam, een van drie broers wat vermoedelik by die aanvalle betrokke was.

Abdeslam is vroeg Saterdagoggend deur ie polisie by die Belgiese grens voorgekeer en vrygelaat nadat hulle sy ID nagegaan het. Volgens Franse amptenare is hy een van 24 verdagtes wat moontlik by die aanvalle betrokke was. Abdeslam se een broer het homself glo Vrydagaand by die Bataclan-teater opgeblaas terwyl hul ander broer glo een van sewe verdagtes is wat in België in hegtenis geneem is.

Ná drie amptelike dae van rou is Parys steeds in ʼn toestand van angs. Duisende Franse troepe is ontplooi en bekende toeristebesienswaardighede is gesluit.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Parys-aanvalle op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

humor ·

zum, jy is altyd op die verkeerde plek. Jy moes nou in Raqqa gewees het. Ek dink jy is n ou van wie die I s nogal hou en sou daar welkom gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.