Pasgebore baba in asblik op vliegtuig ontdek

(Argieffoto: Unsplash)

Personeel van ʼn lughawe in Mauritius het ʼn pasgebore baba in ʼn asblik op ʼn vliegtuig ontdek. Die asblik was in die vliegtuig se toilethokkie, berig BBC.

Die Air Mauritius‑vliegtuig het op 1 Januarie van Madagaskar af by die Sir Seewoosagur Ramgoolam Internasionale Lughawe in Mauritius geland.

Die vlug is na die tyd oudergewoonte nagegaan, toe beamptes die baba ontdek.

Die baba, ʼn seuntjie, was glo met bebloede toiletpapier bedek. Die kind is onmiddellik na ʼn hospitaal gejaag vir behandeling.

ʼn 20-jarige vrou van Madagaskar is kort daarna in hegtenis geneem. Sy het ʼn tweejaarwerkpermit in Mauritius, berig die Daily Mail, en het aanvanklik ontken dat die baba hare is. ʼn Mediese ondersoek het egter bevestig dat sy pas geboorte geskenk het.

Die ma is onder polisie bewaking geplaas en sy en die baba is gesond.

Sy sal ondervra word sodra sy uit die hospitaal ontslaan is en daarvan aangekla word dat sy ʼn pasgebore baba alleen gelaat het.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Althes ·

Dis skokkend hoe goedkoop ñ lewe kan wees terwyl baie kinderlose egpare sukkel om ñ baba van hul eie te hê.

Di ·

Hierdie TIPE moet voorsorg tref dat hulle nie swanger raak nie – daar is meer as genoeg voorbehoed middels vrylik beskikbaar! Hoop sy word swaar gestraf want dis poging tot moord.

Gert ·

Rats om geboorte op ‘n vliegtuig alleen sonder hulp te skenk. Maar ja kon die baba by ‘n hospitaal gelos het daar hy ongewens was

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.