Pasgebore baba leef agt dae ná hy begrawe is

Argieffoto

Argieffoto

’n Pasgebore baba wat agt dae tevore deur sy ouers in die Chinese provinsie Guangxi lewend begrawe is, is steeds lewend onder die grond uitgehaal.

Die baba is gevind nadat ’n vrou hom hoor huil en hulp ontbied het. Hy was net twee dae oud toe sy ouers hom begrawe het.

Die baba, met ’n haaslip, het glo oorleef weens reënwater wat voldoende vog verskaf het.

Altesaam vyf mense, waaronder drie familielede, is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Volgens die Chinese media is dié soort voorvalle die gevolg van China se een kind-beleid. Veral gestremde kinders ontgeld dit, veral omdat arm gesinne dit moeilik vind om die mediese kostes verbonde aan ’n gestremde kind te dra.

De Standaard,  MailOnline

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nina ·

Wat ‘n siek lot mense! Om ‘n pasgebore babatjie lewendig te begrawe….Hoe verdomp barbaars en wreed!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.