Passasiers in veerboot vasgekeer; gille om hulp gehoor

Reddingswerkers op die omgeslaande veerboot. Foto: CCTV via AP Video

Reddingswerkers op die omgeslaande veerboot. Foto: CCTV via AP Video

ʼn Veerboot met meer as 450 mense aan boord het in China se Yangtze-rivier gesink tydens ʼn hewige storm.

Teen vroeg Dinsdagoggend is sowat 13 van die 458 mense aan boord gered. Volgens berigte is een liggaam gevind. Die skip het laat Maandagaand gesink naby Jianli in Hubei. Die meeste van die passasiers aan boord is senior burgers tussen 50 en 80 jaar oud.

Li Keqiang, premier van China, is intussen op na die toneel. Meer as 1 000 polisiebeamptes is ook na die toneel ontbied.

Die skip het glo omgeslaan nadat dit in ʼn sikloon vasgevang is. Reddingspogings word intussen deur gure weer belemmer. Volgens China News is die water op die toneel sowat 15 m diep. Die skip genaamd Dongfangzhixing of Eastern Star was van Nanjing na Chongqing onderweg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Kan my net indink die angs van die oorlewendes wat vasgekeer is in die boot.
Weereens ‘n bewys hoe ons uitgelewer is aan die elemente van die natuur en net magteloos kan toekyk. Ek gaan nie godsdiens hierby insleep as ek vra dat ons vir hulle bid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.