Reddingspanne het Dinsdag wrakstukke gevind van ʼn passasiersvliegtuig wat vroeër die dag in die Kamtsjatka-skiereiland in die verre ooste van Rusland verdwyn het.
“Ons spanne het wrakstukke gevind, maar weens die omvang van die landskap is ʼn reddingspoging gevaarlik,” het die land se lugagentskap gesê.
Die An-26-vliegtuig met 28 mense aan boord het Dinsdag van Kamtsjatka se hoofstad Petropavlovsk-Kamtsjatsky na die kusdorp Palana gevlieg, toe dit verdwyn het.
Volgens owerhede het alle kommunikasie met die vliegtuig sowat nege kilometer van die Palana-lughawe verlore gegaan. Dit was tien minute voor die vliegtuig se geskeduleerde landingstyd. Helikopters, ʼn patrollievliegtuig en verskeie skepe is ook ontplooi in ʼn poging om die vliegtuig op te spoor.
“Wrakstukke is aan die kus, sowat vyf kilometer van die lughawe se aanloopbaan, gevind,” het die lugagentskap gesê.
Dit is egter nie duidelik of die wrak in die see beland het nie.