Passasiervliegtuig verdwyn oor Middellandse See

Bron: Flightradar24.com

Bron: Flightradar24.com

ʼn Airbus A320-vliegtuig van EgyptAir, met 66 mense aan boord, het Donderdag in die vroeë oggendure tydens ʼn vlug van Parys in Frankryk na Egipte van die radar verdwyn.

Volgens Egyptair het vlug MS804 met 56 passasiers en 10 bemanningslede aan boord Parys laat Woensdagaand verlaat onderweg na Kaïro toe dit in die Egiptiese lugruim van die radar verdwyn het.

Die laaste kontakpunt van die vliegtuig was op ʼn hoogte van sowat 11 278 m, 16 km binne die Egiptiese lugruim oor die Middellandse See.

Volgens Egyptair is die meeste van die passasiers aan boord Egiptiese burgers, gevolg deur Franse.

ʼn Airbus A320, met 56 passasiers, sewe bemanningslede en ʼn veiligheidswag aan boord, is in Maart tydens ʼn binnelandse vlug gekaap. Vlug MS181 was van Alexandria na Kaïro onderweg. Die kaper het die vlieënier met ʼn fop-selfmoordbom gedreig. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ilse ·

Dis vreeslik erg. Vandag kan jy ook nerens meer gaan nie. Ek kom werk toe huis toe en dis so. Vat nie meer kaanse nie.

Jo ·

Ek is deesdae ook te bang om te vlieg, te onveilig, sal dit dalk waag om met no 1 se nuwe straler te vlieg, hang net af wie die vlienier gaan wees…..

Rynhardt ·

Daai Airbus A320 -vliegtuig het geval in see! Nuus sal dit nog bekendmaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.