Pastoor vas ná gesin se koelbloedige skietdood

Jeanett Lau Gattis en haar dogter, Candice Kunze. Foto: Facebook

ʼn 58-jarige jeugpastoor van Virginia in die VSA is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy vrou, haar dogter en die dogter se kêrel op Thanksgiving-aand vermoor het.

Die Amerikaanse nuusagentskap CBS News berig die skokvoorval het Donderdag in Chester gebeur. Polisiebeamptes is laat Donderdag na die huis ontbied waar hulle die liggame van Jeanett Gattis (58) en Candice Kunze (30) binne die huis en die liggaam van Andrew Buthorn (36) buite die huis aangetref het. Al drie is doodgeskiet.

Time berig die pastoor, Christopher Gattis, is by die huis in hegtenis geneem. Daar is ook op ʼn vuurwapen beslag gelê wat vermoedelik gebruik is om die moord te pleeg. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

WTVR berig bure van die gesin het aan verslaggewers gesê hulle het Gattis en sy gesin goed geken. “Ons was almal vriende,” het Mike Brown, een van die bure, gesê. “Ons sou saam kuier en soms buite kosmaak. Elke keer wanneer ek hulle gesien het, was hulle dieselfde. Ek het geen idee gehad dat daar enige probleme is nie, maar wat agter geslote deure gebeur, is agter geslote deure.”

Volgens berigte het Kunze onlangs vanuit Oregon saam met haar kêrel teruggetrek in haar ouerhuis.

Gattis is ʼn pastoor by die Grace Lutheran Church in Chester. Die kerk het Vrydag in ʼn verklaring die gemeente gevra om vir almal wat by die tragedie betrokke is te bid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Annie ·

Ek weet nie hoekom party mense altyd hulle speelgoed uit die kot gooi sodra MM berig oor gebeure in die buiteland nie. Dra julle oogklappe en wil net weet wat in julle eie ou straatjie gebeur? Maak oop jou oe en kyk wat orals aangaan, of trek jou mus oor jou kop, kruip terug in jou kokon en hou jou mondjie toe. Dankie vir die berig MM, ek bly oorsee en het nie tonnelvisie nie en geniet julle berigte van orals oor die wereld. Gaan so voort asb.

Cherokee ·

Annie, hulle lewe is o ‘n klien wêreldjie en verkies om in hul eie hokke te woon.

John ·

Hoekom moet ons dit weet. Het Maroela nou die Son aangekoop?

Vra net ·

Moet die “thanksgiving” nie maar verander word na danksegging toe om aantepas by die res van die afrikaans nie? Vra net.

PositieweHouding ·

Haai Vra net, kom ek “sê net”: volgens Pharos kan dit Thanksgiving bly; geen taalkundige-vereiste dat dit vertaal moet word nie.

Jack ·

BAIE DANKIE MAROELA MEDIA, dat julle nie selektief berig gee nie, maar ons deurgaans op hoogte hou wat wêreldwyd gebeur.
Ek verkies om te besluit wat ek wil lees….dieselfde geld vir ander lesers. Weereens baie dankie vir julle harde werk wat gratis beskikbaar gemaak word. ☆☆☆☆☆

Harrie1501 ·

Neeee Maroela….die opskrif is misleidend en die engels in die berig…julle neig na daai ander koerant genaamd die son wat ek nog net een keer toevallig gelees het en in my lewe nie weer sal lees nie…

Corical ·

Goed gese Jack, die res hou tog julle onderbroekies en panties aan.

alwyn burger ·

Ons is bitsig met mekaar? Maar as almal dieselfde dink beteken dit niemand het gedink nie,

Niel ·

dankie vir die interresante berig MM. So besef mens ook maar net weereens nie net in SA maar wereldwyd is daar probleme, misdade ens.

Marcel ·

Daar is niks fout met die berig nie. Dit is nuus, en as jy nie van die nuus hou nie, gooi jou foon weg, raak ontslae van jou TV, ag terwyl jy besig is, raak van alle tegnologie ontslae. Dan hoef die nuus jou nie te pla, en moet ook geen gedrukte media koop nie. In die ou regering is ons propaganda gevoer, en nuus was nuus wat die regering jou wou laat glo. Ten minste is daar nou meer keuses wat nuus en joernalistiek aanbetref. En vir hoe lank ons nog vryheid van spraak en vryheid van nuus gaan hê is ‘n ope vraag. Waardeer eerder dat ons nie in Noord-Korea bly nie.

Daar is n WERELD.... ·

….daar buite! Baie dankie MM dat julle ons op hoogte hou van wat in die wereld gebeur. Ten minste leef meeste van die MMlesers NIE onder klippe nie.
Niks fout om die engelse benaming te gee vir n engelse fees in n engelse land nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.