Paul Walker se dogter en Porsche skik

Meadow-en-Paul-Walker-

Meadow Walker saam met haar pa, Paul. (Foto: Facebook)

Die ontslape akteur Paul Walker se dogter, Meadow (18), het ʼn regsgeding met die motorvervaardiger Porsche geskik, amper vier jaar ná haar pa in ʼn hoëspoedjaagtog dood is.

Walker (40) was in November 2013 die passasier in ʼn 2005 Porsche Carrera GT toe hulle ʼn lamppaal getref en die motor aan die brand geslaan het.

Die bestuurder, Roger Rodas, het beheer oor die motor verloor, waarna hy ʼn betontelefoonpaal en twee bome getref het teen ʼn spoed van tussen 125 en 150 km/h.

Walker het ʼn liefdadigheidsgeleentheid vir tifoonslagoffers in Valencia, Kalifornië, verlaat toe die ongeluk plaasgevind het.

Meadow, Walker se dogter by sy voormalige vriendin Rebecca Soteros, voer aan die motor is met foutiewe veiligheidsgordels geïnstalleer, wat uiteindelik haar pa in die motor vasgekeer het, waar hy doodgebrand het.

Sy het ook aangevoer die maatskappy het geweet die Carrera GT het ʼn geskiedenis van “stabiliteit-en beheerkwessies”.

Meadow-Walker-

Meadow Walker. (Foto: Facebook)

The Blast het Dinsdag berig sy het op 16 Oktober ʼn ooreenkoms met Porsche gesluit, maar dat die terme van die ooreenkoms nie bekend gemaak mag word nie. Beide partye het versoek dat die saak nie voortgaan nie.

Rodas (38) is ook tydens die voorval dood. Meadow het in 2016 ʼn bedrag van $10,1 miljoen uit Rodas se boedel ontvang.

Meadow en Walker se pa, Paul William Walker III, het Porsche in 2015 gedagvaar vir sy aandeel in die tragedie.

Luidens die hofdokumente het die veiligheidsgordel “Walker se torso met soveel krag teruggeruk dat sy ribbes en pelvis gebreek het”.

Walker was ten tyde van sy dood besig met die verfilming van Furious 7. Sy broers, Caleb en Cody, het ingestaan om sy tonele te voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nico K ·

Ek weet darem nie. Ek jaag “teen ‘n hoë spoed” en maak ‘n ongeluk en eis dan teen die ou wat die kar gemaak het?

Onnie ·

Party mense is darem baie lief vir geld. Sy het reeds meer as 10mil dollars gekry en dis nie genoeg vir haar nie?? Haar pa is dood, geen geld kan hom terugbring nie, hoekom dan skik buite die hof vir (wat ek aanneem) n klomp geld. Wil jy nie liewers he die waarheid moet in die hof bewys word nie?

bgj van der westhuizen ·

hulle het geweet daar is n probleem met hulle produk en het dit nie uit gesorteer nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.