Peaches sterf nes haar ma

Peaches Geldof Foto: huffingtonpost.co.uk

Peaches Geldof Foto: huffingtonpost.co.uk

Peaches Geldof (25), die Britse televisie-aanbieder, het net soos haar ma, aan ʼn oordosis heroïen gesterf, berig The Times of London.

Geldof was die dogter van die Ierse musiekster Bob Geldof. Sy is op 7 April dood aangetref in haar huis in Londen. Haar jongste seun, Phaedra (1), was by haar toe sy gesterf het.

Die aanvanklike nadoodse ondersoek was onbeslis, maar ʼn lykskouer se geregtelike doodsondersoek het Donderdagoggend bevestig dat sy wel aan ʼn oordosis heroïen gesterf het.

Volgens The Times was Peaches net voor haar afsterwe “al hoe meer obsessief oor haar ma se dood”. Haar ma, Paula Yates, is in 2000 oorlede aan ʼn oordosis heroïen.

Sy laat haar man, die musikant Thomas Cohen, en twee seuns Astala (2) en Phaedra (1) agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Daantjie Maartens ·

In hierdie opsig is ek gestroop van enige empatie.
Die lewensstyl van Paula Yeates as ma het afgewentel na haar dogter Peaches. As die berig korrek aangehaal word, het Peaches as ma weer op haar beurt heroien gebruik in die teenwoordigheid van haar 1-jarige seun Phaedra.
Kan ons aanvaar dat Phaedra, met die eertydige dood van sy ma, hierdie spiraal-afwenteling- en verslawingsproses gespaar is en daardeur n waarskynlik langer lewe sal geniet ?

Kosie ·

Nee want die NAD teorie geld. Sel geheue is 500 jaar – 8 geslagte. Sel geheue kan gebreek word deur terapie.

Mariaan ·

Dis skrikwekkend hoe hierdie bekendes dwelms gebruik. Hulle leer net eenvoudig nie! En dan word hulle nog boonop opgehemel in ons tydskrifte, soos Miley Cyris wat spog oor hoeveel dagga sy kan rook.!

Peter Says ·

Om beroemd te wees, het altyd n prys, tragies so pragtige mens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.