Pediaters vra strenger wetgewing oor pak slae in Engeland, Noord-Ierland

(Argieffoto / Maroela Media)

Pediaters van die Verenigde Koninkryk het dié regering Woensdag aangemoedig om in die spore van “ontwikkelde regerings” soos Skotland en Wallis te volg deur mense te verbied om kinders in Engeland en Noord-Ierland ʼn pak slae te gee. Volgens dié kinderartse moes die VK dit lankal reeds gedoen het.

Een minister het egter volgehou dat bestaande wetgewing heeltemal voldoende is.

Die Royal College of Paediatrics and Child Health (RCPCH) sê in ʼn nuwe verslag dat huidige wetgewing “grys gebiede” skep wat lyfstraf in sommige gevalle kan regverdig.

Wallis het enige vorm van lyfstraf in Maart 2022 onwettig verklaar, terwyl Skotland ʼn soortgelyke verbod in November 2020 ingestel het.

Die RCPCH voer aan dat bepaalde wetgewing in Engeland en Noord-Ierland – wat onderskeidelik in 2004 en 2006 bekragtig is – gewysig moet word om enige moontlike “billike lyfstraf-verweer” uit te skakel.

Luidens die verslag behoort alle politici hulle in aanloop tot die volgende algemene verkiesing vir die wysiging van dié wetgewing beywer om kinderregte te beskerm en te bevorder.

Laura Trott, hoofsekretaris vir die tesourie, hou vol dat bestaande wetgewing in Engeland kindermishandeling geensins duld nie.

“Dit word baie duidelik in die Kinderwet uiteengesit,” het sy oor dié kwessie gesê.

Andrew Rowland, pediater en RCPCH-beampte, is egter nie oortuig nie.

“Wetgewing oor lyfstraf soos dit tans is, is onregverdig en gevaarlik vaag.

“Dit skep grys gebiede waar sommige vorme van lyfstraf dalk wettig kan wees en ander nie.”

Volgens Rowland is hy al menige male met situasies gekonfronteer waar ʼn kind aan beweerde lyfstraf onderwerp is, maar weens “vae wetgewing” is dit uiters moeilik om in te gryp en iets aan so ʼn situasie te doen.

“Veranderings aan bestaande wetgewing in Engeland en Ierland sal die nodige duidelikheid bied en verseker dat daar geen gevalle is waar dit wettig of aanvaarbaar is om ʼn kind te slaan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Keelvol ·

Kinders van vandag is ongehoorsaam en het geen maniere. Hulle praat met hulle ouers soos hulle wil. Dit alles omdat daar nie meer pakslae uitgedeeld mag word nie. Selfs in die skole het dissipline agteruit gegaan. Kinders rand tot onderwysers aan. n Goeie pakslae kan wonders verrig.

Michael ·

Ek sou vra bring terug Godsdiens, lyfstraf en dissipline sal vanself volg.

George ·

Dit moed werelwyd verbied word om n kind te slaan, nog nooit het iets goeds daarvan gekom nie.

Robert ·

Daar is ń groot verskil tussen mishandeling en ń goeie pakslae op sy tyd. Gaan kyk maar in ons hededaagse skole hoe tree ń kind op wat weet hy kan maak soos hy wil sonder om 3 van die bestes te kry. Onderwysers se hande is basies afgekap om dissipline te handhaaf. Ek sê weer: Binne perke!!!

Pampoen ·

Die probleem is dat my binne perke en jou binne perke verskil. Daar is baie kinders wat suur geslaan word en hulle trotse ouers dink hulle doen die regte ding. Toe ek op skool was het ek onderwysers gehad wat die kinders vreeslik geslaan het en andere wat nie eers n lat gehad het nie. Hulle resultate was dieselfde.

marco ·

Ek is redelik seker as ek nie pakslae op skool en by huis gekry het nie sou ek baie minder maniere en dissipline gehaat het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.