Pedofiele in Franse Katolieke kerk misbruik duisende – verslag

Argieffoto van Franse Katolieke Kerk bloot ter illustrasie. (Foto: JEAN-FRANCOIS MONIER / AFP)

Altesaam 216 000.

Dít is hoeveel mense, van wie die meeste minderjarige seuns, oor die afgelope 70 jaar slagoffers van pedofilie in die Franse Katolieke Kerk was.

Dié bevinding is Dinsdag in ʼn verslag onthul en spruit uit navorsing deur ʼn onafhanklike kommissie na bewerings van seksuele misbruik wat tussen 1950 en verlede jaar deur minderjariges teen Franse Katolieke priesters, diakens en ander lidmate gemaak is.

Wanneer lekelede van die kerk, soos onderwysers by Katolieke skole, hierby ingereken word, kan die aantal slagoffers egter tot 330 000 wees.

Die kommissie het vroeër reeds onthul dat sowat 3 200 pedofiele priesters of ander lidmate sedert die vyftigerjare in die binnekringe van die Franse Katolieke Kerk bedrywig was.

Jean-Marc Sauve, hoof van die kommissie, sê dit is ʼn “massiewe verskynsel” wat dekades lank onder ʼn “dekmantel van stilte” verdoesel is.

“Tot die vroeë 2000’s het die Katolieke Kerk ʼn diepgaande en selfs wrede traak-my-nieagtigheid teenoor slagoffers getoon.”

Sauve het ook pogings om leraars teen die bewerings van pedofilie te beskerm ten sterkste veroordeel.

Luidens die verslag, wat byna 2 500 bladsye lank is, is die meeste slagoffers minderjarige seuns van verskillende maatskaplike agtergronde.

Die kommissie, wat uit onder andere regslui, dokters, historici, sosioloë en teoloë bestaan, het sowat twee en ʼn half jaar geneem om hul navorsing af te handel.

“Naas familie- en vriendekringe is die Katolieke Kerk die omgewing waar seksuele molestering die meeste voorkom,” sê Sauve.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

ES ·

Lelike vrot spul wat agter godsdiens skuil om hul bose dade te verdoesel.

VaalDonkie ·

Tronk toe. Mense in vertrouens-posisies moet aan ‘n hogere standaard gehou word.

Kaptein67 ·

Ek hoop die kerk gaan nou die slagoffers ordentlik vergoed en dan sommer hulle deure ook toemaak.

RB ·

Dit is maar net die Franse deel. Skrikwekkend om te dink hoe die prentjie in geheel lyk.

Katolieke ‘kerk’ word ongelukkig gereken om die internasionale verteenwoordiging van christendom te wees. Diè organisasie kan nie ‘n kerk genoem word nie.
Waar lees jy ooit in die Bybel dat jy aan die priester jou sonde bely, hy bepaal hoeveel boete jy betaal en wha-la jou sonde is vergewe!

Grootste klomp snert! Hulle mislei miljoene en daarvoor sal hulle rekenskap gee.

Esme ·

Soos altyd, sal die feite verdraai word en die minderjarige kinders uitgewys word, as seuns wat sulke ‘ordentlike’ monnikke verlei het. Aai, die Katolieke het nie ‘n trotse geskiedenis nie.

JM ·

Die lewe het een groot hool geword: die een gemors na die ander. Dit word net by die dag erger.

Jo ·

Vrot spul!!! Mag die Here hulle oordeel! Dit sal genoeg wees!!!

Yvonne ·

Die lewens van soveel kinders verwoes…dis wreed en verrot

fs ·

hierdie is lankal bekend – lees die boek In God’s Hands en kyk die fliek Spotlight.. dit is skrikwekkend wat die spul aangevang het en dis ALTYD toegesmeer al is kinders se lewens verwoes – die pous moet sommer aangekla word vir regsverydeling!! varke

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.