Pelosi skeur Trump se toespraak op

Nancy Pelosi skeur ‘n afskrif van pres. Donald Trump se toespraak op. (Foto: Alex Brandon, AP)

Nancy Pelosi, speaker in die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, het ʼn afskrif van pres. Donald Trump se staatsrede opgeskeur – ten aanskoue van verskeie kameras.

Die staatsrede is Dinsdagaand (Amerikaanse tyd) regstreeks in die huis van verteenwoordigers uitgesaai, en teen die einde van die president se toespraak kan gesien word hoe Pelosi haar afskrif agter sy rug verskeie kere opskeur en eenkant plaas.

“Dit was die beleefde ding om te doen met inagneming van die alternatiewe,” het Pelosi later aan verslaggewers gesê.

Dit is duidelik dat die twee nie juis ooghare vir mekaar het nie. Trump het vroeër nie Pelosi se uitgestrekte hand geskud toe hy ’n afskrif van die toespraak aan haar oorhandig het nie. Trump het eerder doodluiters teruggedraai na die podium waar hy sy toespraak gelewer het.

Nancy Pelosi skeur ‘n afskrif van pres. Donald Trump se toespraak op. (Foto: Alex Brandon, AP)

Pelosi is een van Trump se felste kritici en was verlede jaar die eerste om te probeer dat hy in ’n staat van beskuldiging geplaas moet word. Trump het ook voorheen op sy beurt na Pelosi as “Crazy Nancy” verwys.

Die twee het sedert Oktober nog nie weer gepraat nadat Pelosi ’n vinger oor ’n konferensietafel in die Withuis na Trump gewys het, gesuggereer het dat hy deur Rusland beheer word en uitgestorm het nie.

Pelosi se jongste optrede teenoor die president is deur sommige toegejuig terwyl die Republikeine dit as ʼn kinderagtige uitbarsting bestempel het.

Dit was Trump se derde staatsrede. Die president het nie ’n woord tydens sy toespraak gerep oor die staat van beskuldiging waarin hy verlede maand geplaas is nie.

Die senaat stem vandag (5 Februarie) oor Trump se lot. Dit is egter hoogs onwaarskynlik dat hy as president verwyder sal word.

Bronne: BBC, The Guardian, ANA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

katerinadiekat ·

Inderdaad kinderagtig. But that is what i have come to expect from the democrats.

Oudste ·

Swak, toonbeeld van totale afwesigheid van ordentlike maniere.

Mielies ·

En die feit dat sy haar hand uit ordentlikheid uitgesteek het om hom te groet soos enige opgevoede mens en hy met opset verbygestap het was natuurlike goeie maniere. Julle mense moet darem regtig ook net julle oogklappe bietjie verwyder want julle gunsteling woord “fake news” is van toepassing op die kommentare hier. Almal is mos politieke experts deesdae.

Hugh ·

People are saying that she must have been paid by the republicans to act this way, because she just ensured a clear win for Trump this year, with her childish antics

Werner ·

Libs het altyd gese die regses is verkramptes maar hulle vark maniere laat veel te wense oor

Jan ·

Julle is verkeerd om te dink trump regs…hy het skuim soos mugabe ondersteun en boo op is hy vrie de met diktators soos koning van saudi arabie en zuma…trump is allesbehalwe aan die afrikaner se kant…word wakker..

Gawie ·

Dis wat gebeur as jy ‘n president het wat geen respek vir mense toon nie – sy wou sy hand skud voor die toespraak, en hy het dit geïgnoreer. Trump sê net wat sy gehoor wil hoor, en skroom glad nie om gereeld die waarheid te verdraai om sy eie persoonlike agenda te bevorder nie. Ongelukkig is Amerika se kiesstelsel verdraai, en die meerderheid stemme verkies nie die president nie. Met hulle vorige verkiesing het Trump die populêre stem vêr verloor, maar die kiesstelsel het in sy guns getel. En nou word hy toegelaat om enige onderduimse taktiek te gebruik om sy teenstaanders in die komende verkiesing verslaan.

katerinadiekat ·

Miskien sou hy haar hand wou skud as Pelosi en die Demokrate hom nie sonder Enige bewyse in n staat van beskuldiging (impeachment) geforseer het nie! Sou jy jou vyand wat jou ondergang probeer bewerkstellig en jou al vir 3 jaar genadeloos treiter, se hand wou skud??

Gawie ·

Katarinadiekat, daar is oorgenoeg bewyse dat hy wel skuldig is aan dit waarvoor hulle hom aankla. Selfs sy eie Republikeinse makkers erken hy was verkeerd. Hoeveeel bewyse wil julle nog hê? Hoeveel mense het dan kom getuig dat hulle eerstehandse kennis het van wat hy gedoen het! Maar as jy net Fox News kyk, sal jy ook glo Trump kan niks verkeerd doen nie.

Kabous ·

Twak man. Hy het sy eie visepresident wat reg langs haar gesit het se blad ook nie geskud nie. Hy het beslis nie haar uitgestrekte hand gesien nie. Kyk maar weer na die video. So, Amerika se kiesstelsel is verdraai sê jy. Wat van Suid-Afrika se kiesstelsel?

Gawie ·

Kabous, ten minste is SA se kiesstelsel gebaseer op een mens een stem, en dit word ook so toegepas. As dieselfde beginsel in die VSA toegepas sou word, sou Trump nie gewen het nie. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek is ook glad nie ‘n voorstaander van Hillary se doen en late of haar party se doelstellings nie, maar dit verskoon nie Trump se ongelooflike oneerlikheid nie.

Leon ·

En ons dink Suid Afrika is ‘n politieke sirkus. Gelukkig verdien die VSA Trump.

Niklaas ·

Dis moontlik die enigste wyse vir hierdie pop om in die nuus te kan wees en bietjie publisiteit te kry. Sy het geweet haar klein dogtertjie houding sal reaksie ontlok . Geen wonder Trump gee haar koue skouer en weier om blad te skud. Miljoene ander sal ook so maak.

Mieke ·

Baie kinderagtig en onvolwasse gedrag. Hulle moes van die begin geweet het dat hulle die hele saak teen Trump sou verloor. Soos ek verstaan is Trump God se keuse vir die VSA – en niemand gaan met Sy planne mors nie. Daar is baie dinge wat Trump al ten goede gedoen het vir sy land.

Gawie ·

Mieke, waar kom die mense daaraan dat Trump God se keuse is? Is dit omdat Trump self op ‘n slag gesê het hy is “The Chosen One”?
Ek weet die Bybel sê dat niemand is in magsposisie sonder dat God dit toelaat nie, maar hierdie man tree glad nie op soos iemand wat deur God aangestel is nie. Hy is ‘n patalogiese leunaar wat die waarheid sal verdraai soos dit hom pas.

Catharina ·

Lol! ek reken die hele lot is snaaks. Hy skud nie haar hand nie en sy skeur sy toespraak op? Rerig?

marius ·

Die sogenaamde liberaliste in die VSA ( en die res van die westerse wereld ) is absuluut afhanklik van die geld wat hulle geslagte lank op slinkse wyse uit die hardwerkende belasting betalers se sakke suig . Hulle haat hierdie man met ‘n passie , want nooit in hul wildste drome kon hulle dink dat hy die ongeskiktheid vanself , die gekose een gaan wees wat hulle krane gaan toedraai nie . Hul stem vee is ook almal direk of indirek afhanklik van hierdie inkomste . Die verdeeldheid gaan die eens magtige nasie egter sink ….binnekort .

VanAfrika ·

President Trump die President van alle president. Hulle kan hom nie raak nie want God is nog steeds in beheer.

Jdb ·

Sy het duidelik al voor die toespraak beplan om haar afskrif op te skeur. Dit was só “staged”

Chris ·

Ag asseblief tog. Hoe dramaties. Tipiese voorbeeld van emosionele onvolwassenheid. Beslis nie eers Oscar nominasie werd nie. Te genuanseerd amateuragtig. Hoop sy het nou ‘n les geleer. As jy nie saam met die groot honde kan saam loop nie, bly jy op die stoep sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.