Pensioenarisse beboet vir amok in hotel

hof-hamer

Argieffoto.

Twee pensioenarisse wat amok gemaak het in ʼn Skotse hotel deur kaal deur die hotel se voorportaal te hardloop, personeel met ʼn skêr te dreig en ʼn glasvenster stukkend te slaan, is in die plaaslike hof beboet.

Die BBC berig Robert Fergus (72) en sy vrou, Ruth (69), is ʼn boete van £4 100 (sowat R68 000) opgelê vir die chaos wat hulle in Februarie in die MacDonald Loch Rannoch Hotel in Perthshire, Skotland, veroorsaak het. Die egpaar moet ook £800 (ongeveer R13 000) vergoeding aan die hotel betaal vir die skade wat hulle aangerig het.

Volgens die nuusagentskap het dit tydens die hofverrigtinge aan die lig gekom hoe Ruth in die vroeë oggendure gedreig het om ʼn werknemer by die hotel te skiet nadat sy “sleg gereageer het” op alkohol wat sy vroeër gedrink het. Robert het op sy beurt kaal deur die voorportaal van die hotel gehardloop en op gaste en werknemers geskree.

Volgens die BBC het Robert ʼn skêr gebruik om kabels by die ontvangstoonbank te knip voordat hy onder die invloed van alkohol agter sy motor se stuurwiel ingeskuif het. Hy het ook ʼn glasdeur by die hotel stukkend geslaan.

Ruth se regsverteenwoordiger het aan die hof gesê dat sy kliënt sleg gereageer het op alkohol wat sy gedrink het omdat sy die betrokke dag min geëet het.

The Scottish Sun berig die magistraat het tydens sy uitspraak gesê hy glo die egpaar sal vir die res van hul lewens spyt wees oor hul gedrag. Die egpaar wou nie buite die hof kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ouvrou ·

Ek dink hulle het dit erg geniet. Laaste fling voor hulle nie meer kan “streak” nie.

zoom zoom ·

In SA kan Jy geboue afbrand en dan gaan dit deur as regte tov demokrasie. Die 2 kan gerus na SA verhuis en streak sonder om beboet te word

Andre ·

@zoom zoom – jy is heeltemal reg! Weet net nie of hul velkleur teen hul sal tel as hulle sulke streke hier uithaal nie. Hier geld wette mos anders ….

johnny_walker ·

Skotland is Skotland definitief n land om te besoek as jy ooit n kans kry (skip engeland dis net n mengsel van uitlanders in elk geval )
Skotte laat my baie dink aan seker mense in die kaap met hulle kleurvolle taal en nie polities korrekte uitkyk op die lewe , baie min stres in hulle lewens

Gert ·

Nou nog 7 jaar wag voor ek Skotland toe kan gaan vir ”n lekker “streak. “

Tc ·

Ai lag ek my nouself pap!En die oumense het altyd so gekla van vandag se “jongklomp”.Ek tans diep in my 40tigs maar moes altyd hoor hoe die oumense oor ons kleredrag en musiek gekla het,vir die 80tigs toe ek n tiener was.Veskil was daardie tyd was daar nog disipline gewees onder ons jongklomp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.