Pentagon gesluit ná skietvoorval

Die Pentagon in Amerika (Foto: AFP)

Die Pentagon – die hoofkwartier van die Amerikaanse ministerie van verdediging – is Dinsdagoggend gesluit ná ʼn skietvoorval op ʼn busplatform by die gebou afgespeel het. Die gebou is in Arlington in die Amerikaanse deelstaat Virginië geleë.

Die busplatform waar die skietery plaasgevind het, is ’n belangrike ingang van die Pentagon wat daagliks deur duisende personeellede gebruik word om die gebou binne te gaan en te verlaat.

Tydens die skietvoorval is personeellede opdrag gegee om in die gebou skuiling te vind. Daar was ʼn groot polisieteenwoordigheid buite die gebou.

Polisiebeamptes het 40 minute nadat die skote afgevuur is, gesê die toneel is veilig. Hulle het egter nie meer besonderhede verskaf nie.

Die gebou is ontruim en personeellede word nie binne toegelaat nie. Die publiek word ook versoek om die gebied om die gebou te vermy.

Volgens nooddienswerkers is heelwat mense beseer, hoewel besonderhede oor die beserings ook nog nie beskikbaar is nie.

Metrodienste is tydelik opgeskort en busse onderweg na die stasie is na ander bushaltes herlei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
annie

En toe is die sekuriteit ok maar broos in Pentagonië, die wêreld se magtigste ryk. Boem!

Hennie J

Ons Suid Afrikaners is in die bevoorregte posisie dat ons nie eintlik n ministerie van verdediging het nie en al wat in so geval by ons sou gebeur is dat die klomp kripvreters eers die volgende dag sou agterkom iets is nie lekker nie.

ES

En wat van die Pentagon se sekuriteit? Wil jy vir my se dat Amerika se grootste intelligensie-instelling sulke swak sekuriteit bied dat die polisie eers moet deurkom om ‘n bedreiging onder bedwang te bring?

Ek sou my doodskaam…