Die kêrel van die vermoorde Amerikaanse vrou Gabby Petito (22) het toe wel selfmoord gepleeg.
ʼn Prokureur van Brian Laundrie (23) se familie het Dinsdag bevestig dat hy net etlike weke ná Petito se moord homself in die kop geskiet het.
“ʼn Nadoodse ondersoek het bevestig dat hy ʼn skietwond in sy kop opgedoen het en dat dit selftoegedien is,” het die prokureur gesê.
Die Laundrie-gesin se prokureur het bygevoeg dat sy ouers, Chris en Roberta, steeds besig is om die dood van hul seun te verwerk.
“Hulle is hoopvol dat die nuutste bevindinge genesing aan hulle en die Petito’s sal bring.”
Laundrie se oorskot is in Oktober in die Carlton-reservaat, in die Amerikaanse deelstaat Florida, aangetref. Die polisie het weke lank na hom gesoek nadat hy ʼn persoon van belang geword het in Petito se moord.
Niemand is nog in verband met Petito se moord aangekla of in hegtenis geneem nie.
Die twee het in Julie vanjaar met ʼn reis deur Amerika begin, maar Petito se familie het onraad vermoed toe Laundrie alleen huis toe teruggekeer het.
Petito se lyk is in September in ʼn nasionale woud in die deelstaat Wyoming gevind. Sy is verwurg.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Hy was ‘n lafaard. Maklike uitweg gekies. Hoe moet haar ouers ooit genesing ervaar, as die een wat verantwoordelik is, geen antwoorde kon gee nie.
Het hulle n vuurwapen by Laundrie se oorskot gekry?
Hy het geen ander keuse gehad nie. Sy dae as vry mens was getel. Alles het daarop gedui dat hy haar dood veroorsaak het.