Die Suid-Afrikaanse regering sê hy neem met groot kommer kennis van die aanval wat ʼn petroleumfasiliteit in Djedda, Saoedi-Arabië geteiken het. Die aanval het op 23 November 2020 plaasgevind.
Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het in haar reaksie haar kommer uitgespreek oor die toename van geweld in die streek die afgelope week. Sy sê dit is die tweede terreuraanval in Djedda in November 2020.
“Suid-Afrika hou vol dat terreur in al sy vorme nie goedgekeur kan word nie en ondersteun dus alle pogings deur die internasionale gemeenskap om terreuraanvalle binne die raamwerk van die Verenigde Nasies te bestry,” het sy gesê.
Volgens haar is sulke tipe aanvalle ʼn belediging vir die vooruitgang van die streek en poog slegs om die positiewe ontwikkelings te destabiliseer en te ontbind wat reeds in die Verenigde Nasies se bemiddelings- en vredesinisiatief behaal is.
“Die Republiek van Suid-Afrika neem kennis van die selfbeheersing wat die Koninkryk van Saoedi-Arabië wys deur nie te reageer nie en eerder gebruik te maak van die internasionale stelsel om sy besware aan te spreek. Die minister het gesê ʼn vredesproses deur die streek is die enigste oplossing vir volhoubare vrede.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
21 Kommentare
Ek wonder altyd verstommend of die skepsels in ons regering besef hoe klaaglik komieklik dit is wanneer hulle opines lug oor vrede en vordering in ander lande/streke terwyl hier te plaatse daagliks brandstigting is, van skole tot by trokke, daar 57 moorde per dag is en 114 vrouens per dag verkrag word? Die geweld en terreur in hierdie land verdwerg wat elders gebeur, selfs oorloggeteisterde lande het minder doodslag. Bly stil man, julle is ‘n skandelike verleentheid.
Hoekom is die ministers nie bekommerd oor die aanvalle in ons eie land nie
Twee keer in twee dae dat Pandor bek rek. Waarom sê sy niks van óns binnelandse terreur, moord en verkragting nie? Nou ja, die ANC moet hulle helpers gedurende die apartheidsjare gedienstig bly.
VOETSEK
Nou ja.
Doen dan IETS aan ISIS in Mosmbiek.
Beide ANC en eff het niks te sê oor die grond gryp en moorde nie.
Maar maak n sjampoe advertensie vir flat hair en dan is die hel los.
Hoe lank voor ISIS ons streek destabiliseer?
Maar ja. Die antie leef in haar eie bubble.