Petroleumfasiliteit in Saoedi-Arabië aangeval

Naledi Pandor (April 2020) (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die Suid-Afrikaanse regering sê hy neem met groot kommer kennis van die aanval wat ʼn petroleumfasiliteit in Djedda, Saoedi-Arabië geteiken het. Die aanval het op 23 November 2020 plaasgevind.

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het in haar reaksie haar kommer uitgespreek oor die toename van geweld in die streek die afgelope week. Sy sê dit is die tweede terreuraanval in Djedda in November 2020.

“Suid-Afrika hou vol dat terreur in al sy vorme nie goedgekeur kan word nie en ondersteun dus alle pogings deur die internasionale gemeenskap om terreuraanvalle binne die raamwerk van die Verenigde Nasies te bestry,” het sy gesê.

Volgens haar is sulke tipe aanvalle ʼn belediging vir die vooruitgang van die streek en poog slegs om die positiewe ontwikkelings te destabiliseer en te ontbind wat reeds in die Verenigde Nasies se bemiddelings- en vredesinisiatief behaal is.

“Die Republiek van Suid-Afrika neem kennis van die selfbeheersing wat die Koninkryk van Saoedi-Arabië wys deur nie te reageer nie en eerder gebruik te maak van die internasionale stelsel om sy besware aan te spreek. Die minister het gesê ʼn vredesproses deur die streek is die enigste oplossing vir volhoubare vrede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Snowball ·

Ek wonder altyd verstommend of die skepsels in ons regering besef hoe klaaglik komieklik dit is wanneer hulle opines lug oor vrede en vordering in ander lande/streke terwyl hier te plaatse daagliks brandstigting is, van skole tot by trokke, daar 57 moorde per dag is en 114 vrouens per dag verkrag word? Die geweld en terreur in hierdie land verdwerg wat elders gebeur, selfs oorloggeteisterde lande het minder doodslag. Bly stil man, julle is ‘n skandelike verleentheid.

Willem ·

Hoekom is die ministers nie bekommerd oor die aanvalle in ons eie land nie

ElizeK ·

Ooo hulle IS Willem. Word ten sterkste veroordeel in die media en dit is hoe vêr hul bekommernis strek.
Al waarin hul uitstekend vaar is om vanuit hul gemakstoele te sit en bla bla bla.

Rooikoos ·

Want terreur aanvalle in ons land, veral teenoor boere, is deel van hulle agenda Willem.

Samuel ·

Twee keer in twee dae dat Pandor bek rek. Waarom sê sy niks van óns binnelandse terreur, moord en verkragting nie? Nou ja, die ANC moet hulle helpers gedurende die apartheidsjare gedienstig bly.

JohanR ·

Samuel…..hulle vat beurte om die bek te rek sodat dit lyk asof hulle enige werk doen. Hierdie kommende week is dit nou weer die beurt van Fikile Mbalula.

Karlahari ·

Nou ja.
Doen dan IETS aan ISIS in Mosmbiek.
Beide ANC en eff het niks te sê oor die grond gryp en moorde nie.
Maar maak n sjampoe advertensie vir flat hair en dan is die hel los.
Hoe lank voor ISIS ons streek destabiliseer?
Maar ja. Die antie leef in haar eie bubble.

Vonkprop ·

O jinne Suid-Afrika bly eerder stil. Ons kan nie eens ons grense behoorlik beskerm nie so hoe gaan ons aanvalle van hierdie mense keer as hulle genoeg gehad het van ons minister se menings. Laat ons maar net aanhou glimlag vir al die lande en hopelik los hulle ons uit. Snaaks hoe ons regering raad het vir ander lande maar hulle volg hulle eie raad nie en die land val uitmekaar uit.

Jack ·

“Suid-Afrika hou vol dat terreur in al sy vorme nie goedgekeur kan word nie”

O ja? En to die ANC die motorbom in Kerkstraat in Pretoria laat ontplof het, toe was dit ‘n heldedaad deur die brawe struggle vegters. Die skynheilgheid van die ANC maak mens naar. Dis so vals soos ‘n drie Rand muntstuk.

annie ·

Die aanval op die atoombombouer en die een in Saoedi-Arabiè hou dalk verband. Iran is hoeka kwaad dat Arabiè vriendskapsbande met Israel aangeknoop het. Weerwraak was dalk ter sprake. Iran kan skynbaar nie bewys dat Israel die aanval uitgevoer het nie, maar omdat Israel die aardsvyand is, word die vinger soheen gewys.

Hennie ·

En dit van ‘n regering wat eens ‘n terreur organisasie was wat ook onskuldige mense vermoor en infrastruktuur verwoes het.

Strandloper ·

“Suid-Afrika hou vol dat terreur in al sy vorme nie goedgekeur kan word nie ” ???? Seg die kader nou?…dalk moet jy skrik….hooplik wakker? Ai hoe verlang ek nou na my bicycle….

msp ·

Hoop maar my kommentaar word geplaas want die gedorie wat dit moet goedkeur het verseker iets teen my. Maar nou ja, die minister moet haar neus uit ander lande se sake hou want in die land Suid Afrika waar sy woon gaan dit ń 1000 maal erger.

JohanR ·

En die streek gee om wat Naledi Pandor en die ANC dink! “Prince Farouk wie is Naledi Pandor?” “Weet glad nie Prince Salman”.

Hannes ·

Seniel tekens tree nou erg in. Gaan sit onder ‘n boom en drink tee Minister. Jou eie land behoort prioriteit te wees in jou verklarings. Ek kry skaam vir almal van julle. Jou aksent maak jou nie bevoeg. As jy jou oë uitvee is Isis op jou voor stoep.

Dirk Mostert ·

Saoedi-Arabie het Jemen met lug-aanvalle in ‘n puinhoop verander (met o.a. Amerikaanse vliegtuie). Die joernalis, Kasjoggi is in die S-A ambassade in Turkye vermoor, maar geen haan het daaroor gekraai nie.

Surfer ·

Kommunis Pandor, maar hier brand hulle die trokke af wat hul mense se voorraad en kos moet Vervoer. Iets stink!!

Andries ·

Terreur in al sy vorme afgekeur – watter boer of lorriedrywer sal julle NIE UITLAG NIE?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.