Peuter dood toe sy uit passasierskip val

‘n Argieffoto van die Freedom of the Seas-passasierskip. Foto: (AP Photo/Mike Derer, File)

ʼn 18 maande oue dogtertjie is dood nadat sy van die elfde verdieping van ʼn passasierskip geval het.

Die voorval het Sondag plaasgevind terwyl die passasierskip in San Juan in Puerto Rico vasgemeer was.

Die polisie het aan The Associated Press gesê die familie van die kind sal in die Amerikaanse grondgebied moet bly tot die ondersoek afgehandel is.

Die dogtertjie het saam met haar ouers, twee sibbe en grootouers aan albei haar ouers se kante op die Freedom of the Seas-passasierskip gereis toe dit Sondag ná ʼn weeklange reis in Puerto Rico vasgemeer het.

Chloe Wiegand. Foto: Facebook

Die dogtertjie se oupa, Salvatore Anello, het haar vasgehou terwyl die familie almal naby ʼn eetsaal op die elfde verdieping van die skip bymekaar was.

Die oupa het sy kleindogter glo in ʼn vensterbank laat sit. Die oupa het haar glo vasgehou toe hy gegly het waarna sy by die venster uitgeval en op ʼn sementblad te lande gekom het. Daar word intussen ondersoek ingestel oor hoekom die venster oop was.

Die dogtertjie is intussen geïdentifiseer as Chloe Wiegand. Haar pa, Alan Wiegand, is ʼn polisiebeampte van Indiana.

Die South Bend-polisie het in ʼn verklaring die gemeenskap versoek om vir die Wiegand-familie te bid en hul privaatheid in die tyd te respekteer.

Royal Caribbean Cruises, wat die passasierskip besit, het die voorval as tragies beskryf en gesê hy staan die familie by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sandy ·

Die oupa voel seker so so sleg oor dit. Mens kan niemand eintlik blameer nie, dit was maar ‘n ongeluk. Medelye met haar ouers, sibbe en grootouers in die tragiese tyd.

Cherokee ·

Dit wat ‘n besondere familie toer moes wees, verander toe in ‘n tragedie. So jammer. Pragtige dogtertjie.

Sanna ·

Ai dis so mooi dogtertjie.
Maar niemand kan daaroor blameer nie. Eintlik was dit n ongeluk. Ongeluk gebeur in n oogwink.
Shame sterkte aan die familie…

Franje ·

Ek is dadelik vies! Toe my seun n baba was, het my skoonma hom laat sit op n muur by V & A Waterfront. As hy sou val, was dit in die see. Ek het dadelik gese sy moet hom afhaal en sy was siedend kwaad vir my. Mens moet verder dink as wat jou neus lank is. Dis n verskriklike trauma om n kind aan die dood af te staan. Ek weet. Veral op so manier!

Heidi ·

Die venster het nie n glas gehad nie en die oupa het skynbaar nie besef nie. Baie hartseer.

Mariaan ·

O my genade!! Wat n tragedie…agge nee man…sulke goed is net ondenkbaar..arme oupa ook…so iets is so so hartseer..sterkte aan almal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.