Peuter skiet homself per ongeluk dood

(Argieffoto ter illustrasie: Marcus Trapp/pixabay)

’n Tweejarige seuntjie van Texas in die VSA is dood nadat hy homself glo per ongeluk met ’n familielid se vuurwapen in die kop geskiet het.

Die peuter het die vuurwapen na bewering in ʼn rugsak ontdek.

Die betrokke familielid (21) is intussen daarvan aangekla dat hy met bewyse gepeuter het nadat hy met die vuurwapen van die toneel gevlug en eers later teruggekeer het.

Die skietvoorval word egter as ’n tragiese ongeluk bestempel.

Everytown for Gun Safety, ’n aktivistiese organisasie wat hom op vuurwapenbeheer toespits, sê 765 mense is tussen 2015 en 2020 in onopsetlike skietvoorvalle in die VSA dood terwyl meer 1 500 beseer is.

Minstens 111 mense is reeds vanjaar in soortgelyke voorvalle in die VSA dood.

“Dit is ’n hartseer deel van Amerika se vuurwapengeweldpandemie.

“Honderde kinders verkry jaarliks toegang tot onbeveiligde, gelaaide vuurwapens – hetsy in kaste, laaie, rug- en handsakke of vuurwapens wat openlik rondlê.

Die groep meen tragiese voorvalle waarin kinders in so ’n geval hulself of iemand anders raakskiet, het ’n gereelde verskynsel in dié land geword.

AFP berig dat 30% van volwasse Amerikaners minstens een vuurwapen besit.

Volgens Gun Violence Archive se statistieke sterf sowat 40 000 mense elke jaar weens vuurwapengeweld in die VSA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Verskriklik hartseer!!!

Die eienaar van die wapen is baie nalatig! Het hulle nie dieselfde wette as ons oor wapens nie?

Hexadane ·

Ons wapen wet laat toe dat jy jou vuurwapen mag versteek in ‘n rugsak of soortgelyke toe sak as jy by mense kuier. Dit form deel van “concealed carry” niks fout daarmee nie. Die probleem kom in dat dit nie op ‘n plek gebere was waar die peuter nie kan bykom nie.

Helgard ·

Gelukkig het Texas nie sulke belaglike vuurrwapen wetgewing soos ons nie.

Antwoord op jou vraag aangesien Maroela nie die feite sal publiseer nie. Dit is teen die wet in Texas om gelaaide vuurwapen te los waar kinders dit in die hande kan kry, eienaar sal ook seker aangekla word van nalatige manslag.

Net weereens bewys na al die regulasies en wetgewing in die wereld nie nalatigheid en onnooslikheid kan stop nie.

Werner ·

En ons kry natuurlik hierdie berrig om ons nou te vertel hoe sleg vuurwapens is.Dit is eerder die swak standaard van opvoeding wat jy in die VSA kry wat die oorsaak daarvan is.Swak beriggewing gun violence moet tog ook net se hoeveel lewens is gered deur vuurwapens in dieselfde tydperk.Daar is defnitief meer lewens gered net met die Natal anargie as die vyf jaar van hulle studie.

Baardman ·

Dis is VSA statistieke, nou gaan die gunsfree aktiviste seker weer aandring dat SA ontwapen moet word.

Flip ·

Stem saam met jou Baardman. Guns free aktiviste dink wapens maak mense dood en hulle sukkel om te verstaan dat dit mense is wat mense doodmaak. N wapen kannie skade aanrig op sy eie by homself nie.

Anton ·

40 000 mense. Hoeveel met onwettige wapens?
Kyk maar hoeveel gaan dood en word gewond oor ‘n naweek in Chicago

Robert ·

Artikel is glad nie gebalanseerd nie. Net die feite asseblief, los die mening vir die leser.

Helgard ·

Kry die volgende persoon van Maroela media wat my bel om geld te bedel baie jammer; hulle gaan oor vol kry agv van die strooi wat hulle publiseer.

Om daardie syfers in perspektief te sit van 2015-2020 het 15 000 mense (10 000+ kinders) in dei VSA verdrink in swembaddens agv nalatigheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.