Peuter sterf ná ure in warm motor

Argieffoto

Die polisie van die Amerikaanse deelstaat Utah ondersoek die dood van ʼn tweejarige peuter ná hy tydens ʼn gesinsuitstappie vermoedelik in die motor aan die slaap geraak het.

Volgens die Washington-polisie het die voorval gebeur tydens ʼn familiereünie in die suidelike gedeeltes van Utah waar temperature die afgelope tyd hoër as 38 °C was.

Lt. David Crouse, woordvoerder van die Washington-polisie, het gesê ʼn hele paar families het glo as deel van hul reünie na St. George gereis om vir ʼn dag daar te kuier. Crouse het tydens ʼn nuuskonferensie gesê die peuter het glo saam met ander kinders in een van die familielede se bussie teruggery en op pad terug huis toe aan die slaap geraak.

Die familie het glo met hul aankoms by die huis dadelik vertrek na ʼn “geestelike byeenkoms” vir volwassenes en nie besef dat die tweejarige nie saam met die ander kinders uit die motor geklim het nie.

Crouse sê die kinders is deur ʼn oppasser opgepas wat nie besef het dat die peuter nie saam met die ander kinders speel nie. Die familie het eers ná hul byeenkoms, sowat ses uur later, na die tweejarige begin soek.

Die peuter se pa het hom, reeds dood, in die motor aangetref.

Crouse het aan CBS gesê die peuter se sterfte word in dié stadium as ʼn ongeluk beskou.

ʼn Ondersoek na die voorval duur voort.

Bron: Fox

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

marous ·

Hoe kan dit as ‘n ongeluk beskou word ? Het die Amerikaanse regstelsel ook nou in duie gestort?

Leon ·

Soos die kind wat oorlede is by die kleuterskool in die karstoeltjie n “ongeluk” was? Na dit op die stoel staan dis n gevaar om te voed daar in.

MeisieMens ·

Per ongeluk nie besef jou kind is weg nie? Ek verstaan nie hoe mense so “never mind” kan wees oor hulle kinders nie. Dalk is ek net TE “over protective”….

Lientjie ·

Nee dis wanneer Aupairs jou kinders groot maak en nie jy self nie. Ongeluk se voet!

Kiepie ·

Ekself het al een keer my seun op die strand “vergeet” omdat familielede gesê het hulle neem hom saam huis toe en hy toe nie saam met hulle wou ry nie. En het die Britse Eerste Minister en sy vrou dan nie al hulle kind in ‘n Engelse Pub vergeet na middagete omdat hy gedink het die kind ry saam met haar en andersom nie. So ja mense, ongelukke gebeur. Gelukkig vir my (en die Brown-gesin) net nie altyd met dieselfde ernstige gevolge nie.

Tinktinkie ·

N stem saam met jou. Ons het n aupair wat ons 2 dogters na skool oplaai en versorg. Sy bel my elke dag stiptelik om 2 uur, om te sê hle is veilig tuis, ek gesels met beide en gedurende d midg bel of sms ons mekaar oor reelings. Lientjie ek daag jou uit om te bewys waarom aupairs nie kinders mag help groot maak nie. Ek sit enige dag ons aupair van 21 jaar oud teen jou om te sien wie se kinders word die beste groot gemaak. Ek dink jy is jaloers omdat jy nie n goeie aupair kan bekostig nie!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Moenie kritiseer nie. Ons beste vriende se kind het in ons swembad verdrink omdat die ouers gedink het die sussies van 18 en 19 hou ‘n ogie oor hom omdat hy nie uit die swembad wou klim nie en ons bure wat absolute toegewyde ouers is se kindjie het in hul binnenshuise visdam verdrink omdat die ma gedink het hy is by sy pa en pa het gedink hy is by ma. Daar is so baie hartseer hierby betrokke en dit IS ongelukke en nie nalatigheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.