Pfizer begin groot proeflopie vir anti-Covid-pil

Argieffoto (Foto: HeungSoon/Pixabay)

Pfizer het gesê hy het met ʼn middel-tot-laat fase kliniese proeflopie begin van ʼn pil wat mense sal help wat aan Covid blootgestel is.

Verskeie maatskappye werk aan die sogenaamde orale antivirale medikasie en dit sal soortgelyk wees aan wat die medikasie Tamiflu doen vir griep, en voorkom dat die siekte na ernstige simptome omskakel.

“Ons glo dat doeltreffende behandeling nodig sal wees vir mense wat die virus opdoen of blootgestel is daaraan, komplementerend tot die impak wat die entstof het,” sê Mikael Dolsten, die maatskappy se hoof- wetenskaplike beampte.

Pfizer het die middel, genaamd PF-07321332, in Maart 2020 begin ontwikkel en toets dit in samewerking met ritonavir, ʼn herbenutte MIV-middel.

Altesaam 2 660 volwassenes sal aan die kliniese proeflopie deelneem sodra hulle tekens toon van Covid-infeksie of die oomblik wat hulle bewus is daarvan dat hulle blootgestel was. Hulle sal lukraak gekies word om óf ʼn kombinasie van PF-07321332 en ritonavir te ontvang, of ʼn plasebo twee keer per dag vir vyf of 10 dae.

Die doel is om die veiligheid en doeltreffendheid van die middel te bepaal om SARS-CoV-2-infeksie te voorkom en simptomatiese siekte teen dag 14.

Ander maatskappye is ook besig om orale antivirale middels teen Covid te toets, maar Pfizer is die eerste wat spesifiek ontwerp is teen die koronavirus. Dit staan bekend as ʼn protease inhibeerder en in laboratoriumtoetse is daar bevind dat dit die virus se vermoë ontwrig om te dupliseer.

As dit werk, sal dit slegs doeltreffend wees in die eerste fases van infeksie.

Teen die tyd wat Covid in ʼn ernstige siekte omgeskakel het, dupliseer die virus nie meer nie en pasiënte sukkel met ʼn oor-aktiewe immuun-reaksie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

john ·

Dit is nie meer n conspiracy nie ek persoonlik weet van 2 mense wat 3 dae na die inspuiting dood is an skielike hartprobleme waar hulle voor die inspuiting piek fine was. Uk data wys ook dat daar n spike in sterftes is en almal is vaccinated .Die wat sterf in nie van covid maar allerhande hart en cadiovasculere probleme.

VaalDonkie ·

Kalmeer ou bees. Ek sluk eerder ‘n pilletjie as wat ek eksperimentele mRNA in my liggaam laat inspuit.

Boerkind ·

Ek kwalifiseer myself – ek is pro Ivermectin! Dit werk! Daar is reeds 3.6 biljoen dossise wêreldwyd suksesvol toegedien en in teenstelling met die ander opsie nie enige beduidende dood of beserings nie…

Kenny ·

Is jy ‘n dier? Want al ivermectin dosis wat miskien teen covid werk is die dosis van wat ‘n koei van 3 keer jou gewig kry. Die klein dosise wat mense inneem help net mooi niks. Dis vir diere. Ons is nie diere nie.

Miskruier ·

Die produk is vir mens en dier, ek weet van baie wat positief getoets is en die ivermektien pil is vir hul voorgeskryf .Die mense het gesond geword. Die beesmedisyne as dit reg uitgemeet word het ook baie gesond gemaak.

Tiptol ·

Daar is ook bewyse dat invermektien lewer en nier skade veroorsaak.

Karin ·

Nee Tiptol, daar is bewys dat covid lewer en nier skade veroorsaak.

VaalDonkie ·

Jy moet ‘n hele buisie op een slag opvreet voor hy skade doen.

Jan Seerot ·

Ghoen, daardie is ‘n baie insiggewende artikel. Dankie vir die skakel. Dit blyk dat Ivermektien net die chemikalieë is vir die peslike virus. G’n stuk wonder dat daar so baie teëstand teen die middel is nie…dis dan so goedkoop. Ek gebruik Ivermektien hier op my Afrikaplaas vir pluimvee.

Vir die mense wat af-duimpies gee, loop lees die artikel. As die wetenskap jou verveel, loop lees net die bespreking aan die einde.

Miskruier ·

Dis reg, het selfs die beeste se spuitmiddel op hoenders gebruik. Mens moet net verstand hê om die dosis uit te werk.

Meyer ·

Ek ondersteun jou kommentaar maar bedoel jy nie “onlangse navorsing” nie?

Groen Ghoen ·

“Resente” klink darem so geleerd” Onlangse is tog veel beter. Dankie.

anniekiewiet ·

‘n herbenutte MIV middel? Wat word hiermee bedoel?

LeanetteS ·

Die Menslike Immuniteitsgebreksvirus (MIV, “HIV” of Human Immunodeficiency Virus in Engels) is die virus wat Vigs (Verworwe immuniteitsgebreksindroom) veroorsaak (AIDS in Engels)

Nie Verbaas ·

Interessant, ek het geen kommentaar oor die uiters effektiewe entstof nie. Erken hulle dalk iets?

Meyer ·

Conspiracies? Wat verwag julle met die half-gebakte besluite van die “bestuur” af? As jy gif spuit dra jy n sekere masker, as jy verf nog n soortgelyke masker. Maar die “gevaarlikste” virus in mense jeugenis, “ag, n ou lappie met rekkies is goed genoeg”. En nou n “pil” wat sy oorprong het as “ʼn herbenutte MIV-middel”? Jy moet seer sekerlik blind wees as jy dink ons “beste belange”is op die tafel hier….

Prikkie ·

Soveel mense, soveel menings.

Net die tyd sal leer en dan wil ek net bysê, as jy Covid gehad het en by die dood omgedraai het, dan sal jy ook jou kanse neem met die inspuiting of die pil.

VaalDonkie ·

As jy klaar COVID gehad het, wat is dit wat jy verwag dat die inspuitinkie moet vir jou doen?

AH ·

Ek en my man het altwee gewik en weeg of ons die inentings moes kry. Toe goeie vriende van ons siek word het ons besluit om te registreer vir die inenting. Presies twee weke nadat ek en een week nadat my man die inenting ontvang het is het ons altwee positief getoets. ‘n Week daarna was ek gesond en my man oorlede. Ek dink ek het bietjie immuniteit gehad na die inenting, so daarom het ek nie so ernstig siek geword nie. Ek het onlangs my tweede inenting gehad en sal alles in my vermoë doen om te keer dat ek weer Covid kry. Dit het my die siekste gemaak wat ek in my hele 64 jaar was! Ek sal my laat inent en pille neem solank ek nóóit weer met Covid hoef slaags te raak nie!!

Anel ·

O, gonna. Hoe dink hulle moet ons hulle glo en vertrou? Eers is ‘n inspuiting die alfa en die omega en nou is hulle nie meer seker nie, want daar in dalk nou ‘n pilletjie ook! Nogal ‘n HIV pilletjie. Hoe dom dink hulle is ons? Wonder ook hoeveel betaal hulle die klomp om proefkinyne te wees? Nou ja, ek vat maar my kans SONDER enige van die goed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.