Pfizer-entstof beskerm ses maande teen ernstige Covid-19

(Foto: Justin Tallis/AFP)

Luidens ʼn navorsingsverslag wat onlangs in die mediese vaktydskrif The Lancet gepubliseer is, is twee dosisse van die Pfizer-entstof vir minstens ses maande hoogs doeltreffend teen ernstige of dodelike koronavirusgevalle, maar blyk dit dat aanvullings van die entstof dalk ná hierdie tydperk nodig sal wees.

Die navorsing wat deur Pfizer en ʼn gesondheidsorgverskaffer, Kaiser Permanente, gedoen is, het die doeltreffendheid van die entstof onder inwoners van Kalifornië in die VSA oor etlike maande bepaal.

Navorsers het as deel van hul navorsing altesaam 3,4 miljoen mense wat tussen Desember verlede jaar en Augustus vanjaar volledig met die Pfizer-entstof ingeënt is, se rekords nagegaan.

Ná ʼn gemiddelde tydperk van drie tot vier maande het navorsers bevind dat mense wat volledig ingeënt is 73% beskerming teen infeksie geniet en 90% teen hospitalisasie.

“Terwyl beskerming teen die Delta-variant oor vyf maande met 40% afgeneem het, bly die persentasie beskerming teen hospitalisering, wat gevalle van alle variante insluit, baie hoog,” het die navorsers gesê.

Die afname in beskerming teen die Delta-variant is waarskynlik weens ʼn afname in die entstof se doeltreffendheid eerder as die variant wat die entstofbeskerming vryspring.

“Ons bevindings wys hoe belangrik dit is om die doeltreffendheid van die entstowwe oor ʼn tydperk te monitor. Dit het ook aan die lig gebring dat aanvullings van die entstof waarskynlik nodig sal wees om die hoë beskermingspersentasies wat op aanvang van die inentingsprogram waargeneem is, te herstel.”

In Augustus het die VSA ʼn bykomende dosis van die Covid-19-entstof goedgekeur vir mense met ʼn verswakte immuunstelsel, terwyl Frankryk ʼn aanvulling vir bejaardes aangebied het. Israel het kinders van 12 jaar en ouer ʼn derde dosis, net vyf maande nadat hulle volledig ingeënt is, aangebied.

ʼn Verslag wat in September deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) bekend gemaak is, het bevind dat die inentings egter doeltreffend genoeg is en dat ʼn derde dosis vir die algemene bevolking onnodig sal wees.

Die WGO het gevra dat die toediening van derde dosisse tydelik uitgestel word totdat die ongelykheid in dosisverspreiding tussen ryk en arm land aandag gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Alleen Wolf ·

Big Pharma kan maar net nie laat gaan om nog ‘n laaste bietjie geld te tap nie.

Zacahara ·

Net 2 vrae wat ek gou aan dink:

1. Hoe lank sou natuurlike immuniteit ‘n oersoon beskerm wat reeds COVID gehad het? Langer as 6 maande, of korter?

2. Sou dit protokol word vir aanvullende inspuitings, wie gaan daarvoor betaal? As dit die Regering is, is dit dan indirek die belastingbetaler.

Wonder maar net!!!

VaalDonkie ·

Kyk, ek is nou nie ‘n spesialis nie, maar siende dat die inspuiting slegs ‘n gedeelte van die ou dorinkie veroorsaak, terwyl natuurlike immuniteit gebasseer is op die hele dorinkie, sou ek dink natuurlike immuniteit sou langer hou, en meer breedvoerige beskerming bied want daai proteine sal baie meer veranderinge moet ondergaan voordat jou immuunstelsel dit nie meer herken nie.

En in elk geval, die inspuiting is veronderstel om dieselfde meganisme as die virus self te gebruik om dieselfde respons uit te lok, so ek kannie sien hoe dit “beter” sou wees as natuurlike immuniteit nie. Die beste waarvoor jy teoreties sou kon hoop is dat die inspuiting TEN MINSTE SO GOED soos natuurlike imuniteit is.

Jacob ·

Todd Zywicki, professor in regte aan die Mason Universiteit, Fairfax Virginia in die VSA het in Maart 2020 Covid 19 gehad. Toe die universiteit inentings vereis het hy homself in September 2021, 18 maande later, laat toets en die resultate was dat sy natuurlike immuniteit beter is as die van ‘n persoon wat met twee dosisse inge-ent is. Nie verbasend nie!

‘n Onafhanklike studie uit Israel het bewys dat natuurlike immuniteit 13 keer meer doeltreffend as inentings immuniteit is en dat die kanse om te sterf, 8 maal minder is as jy natuurlike immuniteit het.

Etlike lande in Europa aanvaar bewys van natuurlike immuniteit as net so goed soos, moontlik selfs beter as ‘n Covid 19 paspoort.

Geen rede om in te ent as jy natuurlike immuniteit het nie aangesien dit blyk dat dit lewenslank mag wees. Ons hoort binnekort die eerste hofsake hieroor te sien indien daar ‘n verpligte inenting afgedwing gaan word.

Boerkind ·

Die mees onlangse Israeli studie wat meer as 500 000 gevalle bestudeer het, het bevind dat natuurlike immuniteit na 180 dae steeds uitstekend was EN dat dit moontlik jare sal hou EN dat dit moontlik teen veelvuldige variante baie effektief sal wees… Om op te som, dit vee die vloer met die sg. inspuiting. Hierdie feite sal egter sover moontlik uit die hoofstroom media gehou word… net vir ingeval daar gewonder word. Nog ‘n feit is dat inspuiting in Israel op “booster” nr.3 staan met nog wat kom. Genoeg gesê!!

Anel ·

Daar het jy dit nou! Elke 6 maande!!!! Wat is volgende???? Natuurlike imuniteit hou lewenslank!!!

MakersMark ·

So hoekom as jy eenmaal in jou lewe verkoue of griep gehad het en gesond geword het, kry jy op ‘n later stadium weer verkoue of griep ? As jou stelling waar is hoekom gebeur dit ?

Helizna ·

a) Verskillende “strains”
b) Terrein teorie
c) Ongesonde leefstyl

MakersMark ·

Die “intellectual challenged” haak weer vas by die duimaf omdat die antwoord van die vraag heeltemal bo die vuurmaakplek is.

Esme ·

Anel, as jou aanname korrek is, hoef ek nie vir ‘n dag langer te stres oor my immuniteit nie. Na ‘n baie ernstige Covid 19 terugslag, is hierdie nuus, uitmuntende nuus.

Neelsie ·

Natuurlike immuniteit vir Covid-19 hou op hierdie stadium net 3-4 maande. Weet van mense wat nie ge-ent is en dit al minstens 2x gekry het!

Nicolaas ·

Daarsy soos die griep inspuiting, “beskerm jou”, maak jou siek en volgende jaar doen jy dit weer en die volgende jaar weer en so hou dit aan.

Deon ·

Alles goed en wel, wat van die feit dat lang termyn gebruik van medikasie n mens se organe soos lewer en niere nadelig aantas? n Meer effektiewe endstof sal ontdek moet word

Diets ·

Wel, ek het my twee spuite gekry. Dis nou klaar!!!!! Gaan nie weer vir nog een, en nog een of nog een nie!!!!

Madeleine ·

Dit gaan elke 6mnde hier wees
Jammer

Als deel van die plandemic

piet ·

Dit is my siening ook van die begin af. Gaan vir die shots nou en klaar. Dalk oor ‘n lang tydperk as daar baie ander gevaarlike variante uitspring sal ek dit oorweeg vir ‘n opvolg shot.

Frans ·

Ek dink dit is ‘n geldmaak storie… Noorwee en Brittanje het nou die siening dat die Sjina-virus nou net soos griep hanteer gaan word. Selfde risiko… waarom dan die entstof met al die hoër risiko daarmee saam?

Geregtigheid ·

Israeli study finds that the unvaccinated are better protected than vaccinated!
DON ‘ T GET VACCINATED!

Thom ·

Dis nou dié wat oorleef en massiewe druk op die ekonomie en ander se mediese fondse plaas ___ indien fondse julle bydraes laai pla dit my nie , op hierdie stadium subsidieer die met verstand wat geënt is die dom rugryers .

Oomniklaassevriend ·

Dit is ‘n algemene verskynsel in grootliks gevaksineerde lande en ook in lande waar ‘n hoër persentasie inentings in sommige streke daar plaasgevind het. Ysland, Singapoer bv. Kyk maar na die persentasie gevaksineerdes wat gehospitaliseer word.

Adrian ·

Al moet ek 4x per jaar gaan, dan gáán ek. Ek wil nog my Kleinkinders sien groot word…

Se maar net ·

Hulle kan maar hulle boosters/aanvullende inentings druk daar waar dit saakmaak, ek sal nie weer die fout maak om te gaan nie dankie.

Geregtigheid ·

Vaccine Ingredients – Fetal Cells
PLEASE TAKE NOTE:
A BABY WAS MURDERED THROUGH THE MOST CRUEL WAYS OF ABORTION FOR THE INGREDIENT OF FETAL CELLS IN THE COVID 19 VACCINE. THIS MAKES THE VACCINE EVIL.

Vaccines for varicella (chickenpox), rubella (the “R” in the MMR vaccine), hepatitis A, rabies (one version) and COVID-19 (one U.S.-approved version) are all made by growing the viruses in fetal cells. All of these, except the COVID-19 vaccine, are made using fibroblast cells. The COVID-19 vaccine (Johnson & Johnson (J&J)/Janssen) is made using Fetal retinal cells. These cells are harvested from aborted babies.

koos10 ·

Ek is nie teen entstowwe nie, maar wel teen die feit dat onbeproewe entstowwe op mense getoets word. Ek is bevrees dat almal wat die entstof ontvang het, lang termyn proewe sal moet ondergaan. Verder wonder ek hoe lank regerings sal volhou om te betaal, en wanneer die kostes na landsburgers oor gedra gaan word?

KB ·

Net vir 6 maande?…en dan?
Booster 1, 2, 3, 4, …
En hierdie is nie ‘n geldmaak aangeleentheid nie, huh?

piet ·

Mense moet mooi lees en die opskrif is misleidend. Die inenting is HOOGS DOELTREFFEND vir 6 maande teen ERNSTIGE OF DODELIKE Covid-gevalle waarna verdere aanvullings DALK nodig gaan wees. So in die eerste plek word hier van ernstige gevalle gepraat en tweedens is dit vir MINSTENS 6 maande hoogs doeltreffend

Barney ·

My liggaam my keuse. Hou maar jou oneindigende inentings wat mense net meer siek maak.

piet ·

Ek is nou nie ‘n mediese kenner nie maar probeer logies dink hieroor. Volgens my is immuniteit immuniteit ongeag hoe dit verkry word want immuniteit word daar gestel deur ‘n natuurlike liggaamlike reaksie . So volgens my behoort daar geen verskil te wees tussen immuniteit verkry deur sg. “natuurlike immuniteit” (wat fisiese infeksie benodig, dus jy moet eers Covid kry) en die inspuiting (wat genetiese materiaal van die virus in jou liggaam inspuit maar jy hoef nie eers geinfekteer te word nie). In albei gevalle toon die liggaam dieselfde natuurlike proses om immuniteit te bewerkstellig en hierdie immuniteit behoort vir dieselfde periodes effektief te wees. In albei gevalle behoort die immuniteit ook verder versterk te word elke keer wanneer jy blootgestel word aan die virus of wanneer jy ‘n aanvullende shot kry byvoorbeeld. ‘n Ooglopende voordeel van die entstof is dus dat jy nie eers Covid moet opdoen voor jy immuniteit verkry nie en dus verlaag risiko veral by 1ste infeksie.

Jack ·

So loop die soustrein en niemand vra hoekom hulle water by die spuitstof voeg nie. Dis hoekom.

john ·

Ja en so oor 10 jaar moet ons nog steeds elke 6 maande booster shots kry want ons imune system is nou vernietig .. Hou maar julle gemors

john ·

Dis nogal snaaks bogenoemde navorsing so teen strydig is met die jongste navorsing uit die UK wys juis dat daar meer vacinated in hospitale le. en sterfgevalle hoer is nou nie van Covid nie maar hart en cardiovasculere probleme maar tenmiste is hulle nie dood van covid nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.