Pfizer-entstof in VSA goedgekeur

(Foto: Graeme Robertson / various sources / AFP)

Die farmaseutiese maatskappy Pfizer en sy Duitse vennoot BioNTech se entstof teen Covid-19 is Vrydag deur die Amerikaanse voedsel-en-dwelmadministrasie goedgekeur.

Die VSA is die sesde land om Pfizer en BioNTech-entstof goed te keur ná Brittanje, Bahrein, Kanada, Saoedi-Arabië en Mexiko.

Pres. Donald Trump het die nuus intussen as ’n “mediese wonderwerk” bestempel en gesê die eerste inentings sal in minder as 24 uur plaasvind.

Meer as 16 miljoen mense in die VSA het reeds positief getoets vir Covid-19 terwyl die virus byna 300 000 lewens geëis het.

(Foto: JUSTIN TALLIS / AFP)

Die goedkeuring van die entstof is vroeër as verwag aangekondig en het ’n dag van hoogspanning opgelewer nadat die Withuis na bewering gedreig het om Stephen Hahn, hoof van die Amerikaanse voedsel-en-dwelmadministrasie, die trekpas te gee indien hy nie noodtoestemming verleen nie.

Die VSA beplan om die entstof vandeesmaand nog aan 20 miljoen mense toe te dien. Inwoners van versorgingsoorde en gesondheidswerkers sal voorkeur geniet.

Maroela Media het vroeër berig Pfizer sê sy eksperimentele entstof teen Covid-19 is 90% doeltreffend en “’n reusedeurbraak in die stryd teen ’n pandemie wat reeds die lewe van meer as ’n miljoen mense geëis het”.

Die Amerikaanse regering het egter Vrydag gesê hy gaan ook 100 miljoen dosisse van die Moderna-entstofkandidaat aankoop midde berigte dat die regering die geleentheid verbeur het om meer voorraad van die Pfizer-entstof te verseker.

Die Moderna-entstof kan moontlik al volgende week goedgekeur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nici ·

Sal nice wees as mense in SA ook die opsie het Vir inenting en kinders weer maskerloos normale lewens mag lei, veral in die lig van die feit dat kinders nie eintlik deur die virus geaffekteer word soos ouer mense nie. Hierdie sg pandemie was nou regtig baie lomp, dom en one size fits all handteer.

katerinadiekat ·

Nee wat, ek sal liewer n paar jaar wag, as ek n persoon was wat geneig sou wees om die inspuiting te kry. Maar ek vat maar liewer my kanse met die virus. My persoonlike keuse. Ek is nie n tipe wat juis ooit griep kry nie, ek is nou 55 en het dit laas gehad toe ek so 8 jaar oud was. Ek kry ook nooit griep inspuitings nie. Ek weet hierdie is n nuwe virus, maar aan die einde vd dag is dit maar net griep, nie hondsdolheid nie. In my opinie was daar alreeds hopeloos te n groot ophef gemaak vd hele Covid aangeleentheid.

Anel ·

Bly maar vêr weg van my, dankie. Laat ons nou asseblief net normaal met ons lewens aangaan. Laat die wat hulle wil laat inent dit doen, die wat maskers wil dra laat hulle dit doen en ons ander laat ons toe om sonder die vervloekte ding te loop.

Francois Le Cochon ·

Anel, onthou net dat die doel van die dra van ‘n masker nie is om jou teen die virus te beskerm nie, maar om te verhoed dat jy nie die virus na ander versprei indien jy dalk positief is. Daarom is dit noodsaaklik dat ALMAL maskers dra, sodat die VERSPREIDING verhoed kan word. Die virus sal homself slegs kan “uitwoed” as ons mensdom almal saamstaan om die verspreiding na ander te VERHOED. Daarom is dit nodig om hande te was, afstand te hou en masker te dra, en sodoende nie die virus te VERSPREI nie.

Kobus ·

Ons voer n verlore stryd Francois. Ek het besef daar is ten minste 4 denkskole van die anti-virus. Die volstruisskool, maak net of dit nie bestaan nie en dit “verdwyn”. Die Ramboskool, laat dit kom, kan niks aan my doen nie, ek skil dit soos n goedkoop markpiesang. Die conspiracyskool, is als China,WHO,NWO,5G network, Bill Gates. Die weetallesskool, weet beter as enige wetenskaplike of medici, feite maak nie saak nie. EK het in begin April kommentaar gelewer toe daar 5 sterftes was in SA en mense probeer waarsku, Anel was een wat beweer het dat dit te warm is in SA vir die virus en dat ek belaglik is, Sal nooit gebeur nie, nou is daar 23000. EN as jy durf teen die skole redeneer , is dit vat so- afduimpie vir jou!????. Is soos om te probeer verduidelik aarde is nie plat nie.

Francois Le Cochon ·

Stem saam. Mense glo gewoontlik dit wat die gerieflikste is. As 1000 wetenskaplikes se^ jy moet masker dra, en 1 se^ dit is nie nodig nie, dan word die 1 geglo, want dit is die gerieflikste.

annie ·

Die bestanddele en nuwerwetse werking van die pfizer-entstof wat so blitsig ontwikkel en bemark word, laat mense met reg wonder. Die volgehoue erge verkoeling en higiène tydens vervoer en toediening op baie landelike plekke in ons warm klimaat, deur baie onopgeleide kitsmediese personeel, is rede tot kommer. Gaan nuwe spuitnaalde, handskoene en watte telkens gebruik word. Wat word van die gebruikte items? Vigs ea siektes is volop in SA. En diegene wat erge teenreaksie toon, wie gaan oor hulle besorg wees, of is dit deel van die game-plan… iets baie soos slangetjies en leertjies.

JohanR ·

Ek lees al klaar annie dat mense wat die entstof gekry het siek geword, en in
Anafilaktiese skok in gegaan. As Bill Gates nie ‘n entstof vir sy kinder gee nie, dan vra ek wat weet hy wat ons nie weet nie?

Francois Le Cochon ·

Die entstof is gebasseer op die DNA kodering van die SARS virus van 2003. Die “blitsvinnig” is dus 17 jaar. Die entstof verander die DNA van die virus (nie van die mens), en maak die virus onskadelik. Dit is ook nie enigsins wetenskaplik moontlik om een of ander satanistieste kode of wat ook al in die entstof te sit nie. Sulke dinge gebeur slegs in “movies”.

Persheks Adri ·

Hou verby dankie! My lyf my keuse en niemand gaan my voorsê om dit te vat nie!

A ·

Wat’s dié?

Die Trompoppies glo nie meer hulle geestelike leier nie wanneer hy sê die inenting is veilig nie?

Wat het intussen verander om julle siening te verander?

Meyndert ·

“Jou” liberale wereld mening is dat die lewe net normaal kan voortgaan indien daar ‘n entstof is en almal dit gevat het. Hy het nooit gesê dit is veilig nie, net seker gemaak dit is daar sodat die wereld kan aangaan met hulle lewe en skole kan oop maak en besigheid normaal kan gebeur. Wie sal jy sê is jou geestelike leier in die gemaakte, maar baie gevaarlike pandemie?

Debbie ·

Dit help dat jy nie die virus kry nie maar as jy reefs die virus het maak dit jou gesond?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.