Pfizer se Covid-19-entstof vir kinders onder vyf veilig – studie

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die maatskappye Pfizer/BioNTech het in verklarings bevestig dat die Covid-19-entstof veilig en doeltreffend vir kinders van ses maande tot vyf jaar oud is, mits dit in drie dosisse toegedien word.

Die aankondiging kom terwyl die Amerikaanse kos-en-medisyne-owerheid (FDA) vergaderings in die komende weke beplan om die magtiging van Covid-19-entstowwe vir kinders jonger as vyf jaar te oorweeg.

Dit is die enigste ouderdomsgroep wat in die meeste lande nog nie in aanmerking vir die entstof gekom het nie.

Lande soos die Tsjeggiese Republiek, Italië, Bahrein, Israel, Oman, China en Saoedi-Arabië is van die lande wat reeds die entstof vir kinders so jonk soos vyf jaar oud goedgekeur het.

Volgens Pfizer/BioNTech het hulle drie entstofdosisse, toegedien teen drie mikrogram elk, in ʼn kliniese proef geëvalueer en bevind dat die entstof ʼn sterk immuunreaksie ontlok het. Newe-effekte was soortgelyk in die entstof- en plasebogroepe.

Die doeltreffendheid van die entstof was 80,3%, volgens ʼn voorlopige skatting.

“Ons is bly dat ons formulering vir die jong kindergroep – wat ons noukeurig gekies het om een tiende van die dosissterkte vir volwassenes te wees – goed hanteer is en ʼn sterk immuunrespons opgelewer het,” het Albert Bourla, uitvoerende hoof van Pfizer, in ʼn verklaring gesê.

“Ons is opgewonde om binnekort ons voorleggings aan entstofreguleerders wêreldwyd te voltooi in die hoop om hierdie entstof so spoedig moontlik aan jonger kinders beskikbaar te stel, onderhewig aan regulatoriese magtiging.”

Die FDA het voorlopig drie datums in Junie geskeduleer waartydens kundiges sal vergader en waarskynlik sal besluit of hulle die Pfizer-Covid-19-entstof vir kinders onder vyf jaar en die Moderna-entstof vir kinders onder ses jaar, wat gegee word as twee dosisse van 25 mikrogram, magtig.

Die agentskap is oorspronklik ingestel om die Pfizer-entstof wat in Februarie as twee dosisse toegedien is, te evalueer, maar data het getoon dat dit nie ʼn sterk genoeg immuunreaksie by kinders van tussen twee tot vier jaar oud bewerkstellig het nie. Die FDA het toe gevra om data vir ʼn derde dosis te hersien.

Data verwelkom

Volgens die nuwe data het altesaam 1 678 kinders minstens twee maande ná die tweede dosis ʼn derde dosis ontvang, op ʼn tydstip toe Omikron die oorheersende variant was.

ʼn Ontleding van deelnemers aan die studie het getoon teenliggaamvlakke was soortgelyk aan dié van 16- tot 25-jariges wat die volle sterkte van die entstof teen twee dosisse gegee is.

Geen nuwe newe-effekte is geïdentifiseer nie, en die meeste newe-effekte was lig of matig.

“Drie dosisse van Pfizer se Covid-19-entstof blyk baie veilig en hoogs doeltreffend te wees om nie net ernstige siektes, hospitaalbehandeling en dood weens Covid-19 te voorkom nie, maar selfs simptome te verlig,” het Celine Gounder, redakteur vir openbare gesondheid by Kaiser Health News en ook siektespesialis en epidemioloog, gesê.

Indien Pfizer én Moderna se entstowwe goedgekeur word, sal ouers in Amerika moet oorweeg of hulle wil hê dat hul kinders Moderna se tweedosis-entstof moet ontvang – wat vinniger beskerming sal bied – of Pfizer se drie dosisse – wat langer sal neem om doeltreffend te wees, maar uiteindelik meer beskermend kan wees.

Pfizer se aankondiging volg een week nadat Amerikaanse gesondheidsowerhede die groen lig gegee het dat die maatskappy se Covid-19-opvolgdosisse aan kinders tussen vyf en 11 jaar toegedien kan word.

Erge siekte weens Covid-19 vir kinders onder vyf jaar is volgens die entstofmaatskappye skaars, maar kan voorkom. Altesaam 477 sterftes in hierdie ouderdomsgroep is sedert die begin van die pandemie, of ongeveer 0,1% van alle sterftes, aangemeld.

Kinders kan ook ʼn seldsame post-virale toestand opdoen wat multisisteem- inflammatoriese sindroom by kinders (MIS-C) genoem word, wat sowat 8 210 Amerikaanse kinders aangetas en 68 sterftes veroorsaak het.

Soos volwassenes, kan sommige kinders wat Covid-19 opdoen, voortgaan om lang-Covid-19 te ontwikkel, met nuwe, voortdurende of terugkerende simptome, waaronder breindofheid en moegheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

PieterJ ·

Die publiek is klaar met covid, ongeag mediese firmas en regerings se bangmaak taktiek.

Marie ·

Kinders se immunsisteem speel maklik klaar met Covid. Moenie jou kind blootstel aan eksperimente nie. Kyk na die newe effekte en maak jou besluite self. Die firmas Pfizer ens. wil hulle ware aanprys en verkoop. Pasop.

annie ·

… scary…. Maar die entstofvervaardigers wíl nog winste inkatrol. Deur die geskiedenis het pessiektes gekom en gegaan, maar in 2022 weier sekere mense om dit te aanvaar. Die VSA is skynbaar so hardop vir grootsheid en baasskap dat hy selfs siektes sal gebruik om sy ekonomie te groei.

VaalDonkie ·

Jy sou dink Pfizer sou gelukkig wees met al die geld wat hulle met die blou pilletjie gemaak het. maar nee

Marius ·

Die covid virus is so “sterk” en “gevaarlik” dat ek siek raak as ek net die woord covid hoor. Natuurlike umminiteit wat deur gesonde leefstyl en eetgewoontes verkry word is nog die beste.

piet ·

Jy kan eers immuniteit teen ‘n sekere siekte verkry as jy eers daaraan blootgestel is (dan moet jy hoop jy gaan nie dan dood daaraan as jy nie ingeent is nie). Natuurlike immuniteit het nie veel gehelp teen die Spaanse Griep nie alhoewel jou algemene gesondheid natuurlik wel ‘n rol speel hoe weerstandig jou liggaam kan wees.

piet ·

Dit het ook nie gehelp teen die miljoene sterftes aan Covid nie.

Andre ·

Mens sou sweer niemand is bewus van die bekendmaking van duisende bladsye neweffekte van die entstof waar hierdie dwelmmaatskappy gedwing was deur ‘n hof nie.

MakersMark ·

Dis al langer as ‘n jaar na inentings in SA begin het. So 36.5 m inentings al gedoen. Waar is al die beserings en sterftes agv dit ?

VaalDonkie ·

Een persoon in my huis is “beseer”. Sy het outo-immuun siekte opgedoen na Desember se “booster”. Nou chop sy elke keer af as iemand haar ‘n verkoue gee.

Papsak ·

As mense dit nou nog glo dan glo ek aan kersvader ook los ons uit nou ons glo nie meer een aan julle covid 19 nie ons het aan beweeg na normale lewe toe

Marius ·

Maar was die eerste rondte entstof nie ook veilig verklaar??? En nou?? Nou begin die probleme meer en meer na vore kom- en dis slegs die kort na medium termyn probleme.

RB ·

Marius, 10/10 vir jou!
Newe-effekte word steeds grootliks ontken. Altyd ‘n ander oorsaak vir die probleem. Daar is nou maar eenmaal mense wat nie waarheid wil hoor nie. Kyk maar, daar word baie graag na samesweringsteorië verwys, maar wanneer die papaja die waaier tref, trek mense graag hulle maskertjies oor hul oë en skud die koppies want dit het mos niks met entstof te doen nie.
Die dag kom wanneer daai papaja groot en vrot is en die waaier op hoë spoed. Dan gaan daai ou maskertjie niks help nie! Nie oor die oë, neus òf mond.

VaalDonkie ·

Die ergste is as dokters weier om daai sommetjie te maak. My ma het vir 68 jaar nie tipe 1 diabetes gehad nie, maar twee weke na haar “booster” toe kry sy simptome en word deur ‘n spesialis gediagnoseer.

MakersMark ·

36 m inentings in SA toegedien. Waar is al die lam, siek en dooies ?

VaalDonkie ·

In ons huishouding van 6 is daar een wat outo-immuun siekte opgedoen het na die prikkie. Ook nogal die enigste van ons wat die prikkie gekry het.

Tiny ·

Die newe effekte van hierdie kastige vaksine gaan nog vir generasies gevoel word. Tien jaar van nou af gaan daar lang trane wees oor die gif.

piet ·

Die “gif” word binne ‘n paar dae deur jou liggaam verwerk en uitgeskei soos enige ander medisyne. As jy nie presenteer met newe effekte in ‘n paar dae na die inspuiting nie, is daar nie newe effekte nie.

VaalDonkie ·

Weet jy wat is nog meer veilig vir kinders onder 5? COVID

Deon ·

Mense glo nie meer in die covid ding nie, pfizer en biontech wil geld maak, waarom skielik DRIE spuite vir n klein kind? As 1 genoeg is vir n man van 200 kg is, dan sal n halwe, oor as genoeg wees vir n kind van 20 kg…..

domheks ·

Daar is nou AAPPOKKE los maar COVID vir die wat daaraan glo. Regerings sal nou spring vir nuwe medikasie vir die Aappokke en ramptoestande.

Piet ·

Ja ń ekspiriment is veilig. Maar as die pawpaw die fan tref is daar geen verantwoordelikheid van die pfizer nie so alles is veilig.

Manie ·

Geen entstof in sy proeffase kan as veilig gereken word nie, want dit is presies wat dit sê, ‘n proef entstof.

piet ·

Die entstof word al vir langer as 2 jaar op miljarde mense gebruik. Hoe lank wil jou proeffase nog aanhou en hoeveel mense reken jy moet nog ingespuit word voor dit gesien kan word as veilig? Hierdie is reeds een van die medisynes wat die meeste beproef is van alle medisyne ooit. Dis LANKAL verby die proeffase. Jy kan geen beter proef kry as MILJARDE wat reeds die behandeling sonder probleme ontvang het nie. 11,8 miljard dosisse is al toegedien. Daar is 7,7 miljard mense in die wereld om jou ‘n idee te gee hoeveel dosisse al toegedien is.

Janee ·

En verseker sal daar ouers wees wat so-iets sal laat doen….gekheid!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.