Picasso haal rekordprys

Les femmes d’Alger. Foto: Succession Picasso/DACS, London 2015

Les femmes d’Alger. Foto: Succession Picasso/DACS, London 2015

’n Skildery van Pablo Picasso wat in New York deur Christie’s opgeveil is, het die bestaande rekord van $142 miljoen (R1,7 miljard) vir ’n opgeveilde werk ver oortref.

Verskeie bieërs het die prys tot ver oor die ou rekordprys gedryf en $160 miljoen gehaal, maar saam met Christie’s se kommissie het dit die koper $179,365 miljoen (R2,1 miljard) uit die sak gejaag. Meer as $705 miljoen se kunswerke is by Maandag se veiling van die hand gesit.

Die skildery, Les femmes d’Alger (Version “O”), is een van15 weergawes van die skildery wat Picasso ná die dood van sy vriend, Henri Matisse, geskilder het.

Die skildery beeld ʼn toneel uit ʼn harem uit, en is in 1955 geskilder.

Dis een van die laaste Picasso-werke wat nog in privaat besit was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jacques ·

Party mense het te veel geld en weet nie eens meer wat om daarmee te maak nie dan koop hulle gemors wat ek nie eens kan sien wat daar geskilder is nie.

Cindy ·

Jacques nou praat jy… Wie wil nou so lelik skildery in jou huis laat hang.. Ek wil nie eers persent hê nie…

Eliza-beth ·

Smaak verskil – GELUKKIG tog! Een ou se drie proseleineendjies teen ‘n muur is ‘n ander se afgryse; een se Picasso is lelik vir ‘n ander, “variety is the spice of life” en ja, ek respekteer ander se smaak, maar ek weet wat mooi en kosbaar is vir MY!Jammer dat meeste van die groot kunstenaars in absolute armoede en ellende moes leef.

Eliza-beth ·

Joe64 ek het nie gesê Picasso was arm nie, ek het genoem dat meeste groot kunstenaars (soos bv Van Gogh ens) in armoede dood is. Lees tog mooi ou!

EMK ·

Leke sal uitlatings soos “gemors” koppel aan ware kuns. As jul Kuns nie verstaan moenie jul onkunde hier wys nie. As mense die geld het om op kuns te spandeer, laat hulle doen. Ek sal ook eerder geld aan kuns bestee as aan ‘n motor (wat se waarde onmiddellik verminder as jy by die verkooplokaal uitry) of sulke dinge. Elkeen kan mos doen wat hy/sy wil. Ai-jai-jai-jai-jai!

Joe64 ·

Die kommisie op die was US$19.365 miljoen. Teen R12.3104 vir die dollar, R238390896.00 …Komissie. op skildery. Goeie dag.
2208054886 rande totaal, kan telefoon nommer wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.