Planne vir geneties aangepaste muskiet om malaria te beveg

(Foto: pixabay)

Die Ugandese regering beoog om ʼn geneties aangepaste muskiet te teel as deel van ʼn plan om malaria in Afrika te beveg.

ʼn Insektarium gaan hiervoor in Kampala gevestig word, waar navorsing oor die teel van dié muskiete gedoen gaan word. Die plan is om ʼn genetiese mutasie te laat versprei wat dodelik is vir muskiete wat malaria veroorsaak, het die Daily Monitor Dinsdag berig.

Die ontwikkeling gaan bestaande maniere aanvul om die verspreiding en voorkoming van malaria te beheer. Dit sluit in teenmalaria-medisyne en muskietnette.

Van die 3 000 muskietspesies ter wêreld, waaronder 800 in Afrika, veroorsaak net drie spesies malaria.

As daar bevind word dat die aangepaste muskiete veilig en doeltreffend is, sal hulle losgelaat word in gebiede wat gebuk gaan onder malaria om uiteindelik daar alle wyfiemuskiete te steriliseer en gevolglik die bevolking van dié gevaarlike muskiete te verminder.

Die navorsing word deur verskeie organisasies gedoen, met behulp van onder meer die VSA se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling, asook United Kingdom Aid namens die Bill & Melinda Gates-stigting en die Open Philantropy Foundation.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
schaun

En so gaan die zombie siekte begin en die hele afrika uitwis.

Db

Skerp Schaun skerp :-)

Gert van Wierdapark

Daar steek beslis meer agter die storie. Die “nuwe muskiete” kan hul dalk nog in die rug steek!!!

Nika

Bly om te weet ek is nie die enigste een wat die berig gelees het en gedink het: ‘oh hier kom nog virusse’. :)

Genoeg

So van muskiete na varke: As hulle net nog ‘n genetiese mutasie teen varkpes ook kan ontwikkel sal dit wonderlik wees. Het 268 varke verloor. 134 het gevrek en 134 is deur veeartseny en die polisie uit die lewe gehelp. Die ergste was die kleintjies wat maar net ‘n paar dae oud was. Geen teenmiddel is nog op die mark nie.