Plastieksakkie lei glo tot vrou se dood

Argieffoto

Argieffoto

William Freis van Nebraska in Amerika dagvaar die winkelreus Wal-Mart omdat een van hulle plastieksakkies glo tot die ontydige dood van sy vrou gelei het.

Freis se vrou, Lynette, het op 16 April 2010 inkopies gaan doen by die Wal-Mart Supercenter, het die Journal Star Woensdag berig. Die kassier het haar glo slegs een plastieksak vir twee 1,2 liter La Choy (Chinese kos) en ‘n 1kg-sak rys aangebied. Terwyl sy na haar motor toe gestap het, het die plastieksakkie glo geskeur en die inhoud het op haar een voet beland. Haar voet is gesny en die sny het glo ‘n infeksie opgedoen. “Ondanks ‘n paar reekse antibiotika en twee operasies het die infeksie versprei en is sy uiteindelik in die hospitaal oorlede,” lui die dagvaardiging.

Volgens die Associated Press voer die hofsaak aan dat Walmart nie sy werknemers voldoende opgelei het hoe klante se plastieksakkies gevul moet word nie. Die vervaardiger van die sakkies, Hilex Poly Co. word ook in die saak genoem.

“Die veiligheid van ons klante is baie belangrik,” het Randy Hargrove, woordvoerder vir Wal-Mart, gesê. “Dit is vir ons ‘n baie ernstige saak wanneer ‘n besering in een van ons winkels aangemeld word.”

walmart

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ver Van Ryn ·

Wat de hel? Het sy poging om die hospitaal te dagvaar misluk en nou dagvaar hou die volgende “skuldige” party??? Aanvaar dit as ‘n vratsongeluk en hou op so geldgierig wees!

Willy ·

As haar voet gesny is en dit word nie gesond nie, het so ‘n persoon nie dalk diabetes nie? As dit so is dagvaar sy die verkeerde instansies.

Vas Vat ·

Onthou,dit is Amerika,hulle sal tot n onderbroek vervaardiger dagvaar vir “briekmerke”

Willy ·

Haha goeie een Vas Vat! Seker omdat daar nie “noughts and crosses” gespeel kan word in die onderbroek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.