‘Ploftoestelle’ aan Obama, Clinton betyds onderskep

Bill en Hillary Clinton in die oprit van hul huis in Chappaqua, New York (6 Januarie 2000). Foto: AP Photo

Die Amerikaanse geheime diens sê beamptes het pakkies onderskep wat “moontlike ploftoestelle” bevat het en aan voormalige pres. Barack Obama en Hillary Clinton geadresseer was.

Dié toestelle is ontdek kort nadat ʼn ploftoestel in die posbus van die liberale miljardêr, George Soros, se huis in Bedford, New York, gevind is. Soros is ʼn gereelde teiken van verregse groepe se kritiek.

Die agentskap sê nie Clinton of Obama het die pakkies in ontvangs geneem nie en nie een van die twee politici was in gevaar om die pakkies te ontvang nie  aangesien dit tydens skanderingsprosedures onderskep is.

Die ploftoestelle is laat Dinsdag en vroeg Woensdag ontdek.

ʼn Amerikaanse beampte het aan The Associated Press gesê ʼn “funksionerende ploftoestel” is tydens die skanderingsproses by Bill en Hillary Clinton se huis in New York gevind. Geheime dienste sê ʼn tweede soortgelyke pakkie was aan Obama geadresseer, en is in Washington onderskep.

Te oordeel aan die tydsberekening en die materiaal wat gebruik is, meen wetstoepassingsbeamptes dit is dieselfde persoon wat verantwoordelik is vir al drie ploftoestelle. Beamptes skarrel nou glo om te bepaal of nog sulke toestelle na enigiemand anders gepos is.

Die huis van oudpres. Barack Obama en sy vrou, Michelle, in Washington (25 Mei 2016). Foto: AP Photo/Andrew Harnik

Die Withuis het intussen die gepoogde aanvalle op Obama, Clinton en ander as “veragtelike terreurdade” bestempel. Sarah Huckabee Sanders, die Withuis se perssekretaris, het Woensdag gesê die persoon wat hiervoor verantwoordelik is, sal deur die volle mag van die gereg in die gesig gestaar word.

“Die Amerikaanse geheime dienste en ander wetstoepassers is besig om die saak te ondersoek en sal die gepaste stappe doen om enigiemand te beskerm wat deur hierdie lafaards bedreig word,” het Sanders gesê.

Donald Trump jr., die president se oudste seun, het getwiet “as iemand wie se familie al direk ʼn slagoffer van hierdie posdreigemente was”, veroordeel hy die voorvalle ten sterkste. “Hierdie twak moet end kry en ek hoop hulle sal vir lank agter tralies eindig.”

ʼn Brief is vroeër vanjaar aan Trump se huis gestuur wat daartoe gelei het dat sy vrou in die hospitaal opgeneem is. ʼn Man het later erken dat hy dreigbriewe met wit poeier op aan Trump se seuns en ander openbare figure gestuur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Flip Sadler ·

Net te toeval dat dit aan aalmal wat aangestuur is, toestelle bedyds onderskep is. Ruik n ROT. Liberale haat Trump met n passie, nog nooit burgers van dieselfde land soveel haat en vernyn aan hul President kan toe dien nie Dalk verkeerd opgesom, sal dit maar dop hou !!!!!!!!!!!!!

Hannetjie ·

Se ek ook…dis die Clintons en ander..se ‘eie mense’ wat dit opgestel het om President Trump
te laat ‘sleg-lyk’.Net te toevallig.

jaco ·

vreemd dat die bomme na die sogenaamde “polities-korrekte” mense gestuur word. Trump is dan kwansuis so sleg, ‘n rassis en en en …

Adam ·

Trump doen wonderlike dinge vir die VSA, maar ongelukkig is sy gebrek aan staatmanskap en ‘n te aktiewe Twitter rekening iets wat polarisasie veroorsaak.

John ·

Fopnuus en nou fopbomme na eie adresse… 4 dik pelle daai… en natuurlik CNN die kroonprins van ubernuus. Massas ruk op uit die suide na Trump se muur… Ja nee, die demokrate hou van x-rated flieks… en soek baie stemme om ouma en oupa weer terug te abba na die Withuisie.

waarheid ·

Ek dink hule soek aandag en gaan probeer om Trump daarvoor te blameer.

wonder ·

Dalk het hulle dit aan hulself gestuur om vir Trump te probeer frame?

Sarie ·

Interessant dat die gebeurtenis rondom die bomme en instroming van immigrante net voor die “midterm” verkiesings gebeur.

HV ·

Ek wil nou nie sê hulle lieg nie maar dit klink baie interessant.

Koos ·

Lees meer oor Trump Soms kry jy ‘n artikel wat die feite deurgee Trump word gehaat deur die media en Hollywood Die gewone Amerikaner ondersteun hom

Haan ·

Daar is een in George Soros se posbus ook “onderskep”
Ek ruik n rot… Heel toevallig so nét voor die Amerikaanse verkiesing

wonder net? oor die bomme? ·

en nou een by n restaurant ook, wat aan Robert de Niro behoort

waarheid ·

Hulle wil op een of ander manier vir Trump diskrediteer.

Charles ·

Die “Demokrate” is VERSKRIKLIK DESPERAAT en NIKS is meer te LAAG vir HULLE om te doen in hul politieke pogings tot ongrondwetlike magsgryp, hebsug en magslus nie!

Ek voorspel hierdie VALS VLAG gaan lelik in hul gesigte ontplof wanneer die “nou- weer-geloofwaardige,-funksionerende/werkende-en-getroue” FBI die WARE maaifoedies agter hierdie komplot vastrek.(ja, iets gaan ontplof, maar nie die “fake bombs” nie-lols!)

Allan ·

Falsvlag opperasies om simpatiek vir die demokrate te bewerkstelling en Trump in ‘n slegte lig te stel voor die tussentydse verkiesing, net soos dit met die “imigrante karavaan” se doel is.

Dit is lagwekkend kinderagtig gedoen

marous ·

Liberaliste se realiteits borrel is besig om te bars . Hulle teer op ander se geld om ‘n bestaan te maak met sprokies verhale wat gemik is om mense te laat skuldig voel vir ander se onvermoee om konseratiewe waardes te behou. Die wereld sien nou deur hul planne en dit laat hulle vou …

Gerhard ·

Doen die moeite en gaan kyk na fotos van die sg. bomme. Dit lyk of ‘n vierjarige kind die goed gemaak het en daar is selfs ‘n ISIS vlag in een. Klink eerder na linkse propaganda.

Weskas ·

Sou iemand deur hierdie maniak beseer of gedood word, lê die skuld vierkantig voor Trump se deur. Net soos Malema plaasaanvalle aanhits met “kill the boer”, bevorder Trump die gedrag met sy anti CNN, Obama en Clinton tirades.

HESTER ·

Trump se sodanige anti gedrag met CNN, Obama en Cliton is die gevolg van hulle eie optredes. CNN Ssaai net uit wat hulle die ‘SHADOW GOVERMENT’ wil hoor. Obama se geraamtes kon nou eers uit die kas en dit wat hy regtig voor staan. Hulle verwys na hom as die Antichris. Hillary Clinton kry wat sy toekom nes alles met die email skandaal uitgekom het, kyk na haar as sy n onderhoud gee. Sy kan nie eens vir die kamera kyk nie en lag oor ernstige vrae aan haar en as dit ongemaklik raak dan vat haar alterego oor. Sy is van die bose net Obama. SO HIERDIE KAN NIE VOOR TRUMP SE DEUR GELE WORD NIE AANGESIEN HULLE DIT OOR HULLESELF GEVBRING HET. Vind uit wie hulle god is. Trump is daar om dinge om tekeer in VSA.

Allan ·

@Hester, Pragtig gestel, so bly dat daar nog ingeligte mense wie wat se kop nie in die sand gedruk is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.