Poetin aanvaar oorwinning in Rusland-verkiesing

Rusland se president Wladimir Poetin (18 Maart 2018) Foto: AP Photo/Alexander Zemlianichenko

Owerhede berig ʼn groot persentasie kiesers het aan die presidensiële verkiesing deelgeneem en dit sal waarskynlik vir Wladimir Poetin ʼn vierde termyn in die amp verseker.

Rusland het ʼn breedvoerige verkiesing gehou – van die Noordpool tot die Internasionale Ruimtestasie het persone hul ondersteuning vir Poetin gewys. Sy verkiesingstermyn strek tot 2024.

Poetin se opponente op Sondag se stembrief sluit ʼn nasionalis, ʼn kommunis en twee liberale in. Die aktivis Alexei Navalny is vroeër verbied om op die stembrief te verskyn. Poetin het skaars enige verkiesingsveldtog gehou, tog blyk ʼn algehele oorwinning seker te wees.

Vroeë aanduidings wys dat Poetin 72.1% van die stemme ontvang het met 22.6% van die stembriewe wat reeds getel is, aldus die Sentrale Verkiesingskommissie in Rusland. Tweede is die kommunistiese party se kandidaat, Pavel Grudinin met 15.6%.

Die Verkiesingskommissie het gesê teen 18:00 (plaaslike tyd) het ongeveer 59.9% van die kiesers reeds gestem – net meer as die persentasie van die 2012-verkiesing.

Verskeie plakkate het in stede in Rusland gepryk met die woorde: “Jou land, ons president, ons keuse!” In sommige stede was openbare vervoer Sondag gratis en volgens sosiale media het afgeleë gebiede ook gratis kos aangebied by stempunte.

Poetin het by die Russiese Akademie vir Wetenskap in Moskou gestem. Op die vraag oor watter uitslag hy graag sal wil sien, het hy gesê: “Enigeen wat my die reg gee om die pligte van president uit te voer.”

Rusland se openbare uitsaaier het beeldmateriaal gewys van rye Russiese strandgangers wat in Thailand stem, ma’s wat by die kraaminrigting stem en ʼn helikopter wat stembriewe in die Arktiese Oseaan aflewer. ʼn Rus op die Internasionale Ruimtestasie het ook gestem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann Marx ·

Jip. Dit word hier ook so gedoen………..en dan word die uitslag na 7 jaar en ‘n leë staatskas onderwerp aan ‘n “omkeer strategie”…….en dieselfde party wen die volgende verkiesing. The more things change, the more they stay the same….

Nico K ·

Die feit dat sy belangrikste teenstander nie toegelaat is om deel te neem weens ‘n “ondersoek” van die Kremlin is volgens my ‘n aanduiding dat alles nie so demokraties in Rusland is nie.

DewaldS ·

Navalny is ‘n moeilikheidmaker en bly nie by die wette van Rusland nie – hy reël onwettige optogte – hy is Rusland se Malema. Die verskil is net dat Purin nie onwettigehde duld moe. En hy is maar net in die westerse hoofstroom-media se oë ‘n belangrike teenstaander vir Putin – hy het in werklikheid amper geen steun nie.

DewaldS ·

As jy in elk geval jou eie navorsing op Navalny gedoen het sou jy gesien het hy is die een wat Moslems kokkerotte noem. Hy kan opinies hê wat hy wil – dis nie die probleem wat ek daarmee het nie – die probleem is dat die Westerse media en die Westerse politici sulke dubbele standaarde het? Ek wil amper sê dubbele standaarde is die enigste standaard wat hulle deesdae het?

Eish ·

Desnieteenstaande, n ware leier in my oë.
Indien die aktivis werklik n noemenswaardige invloed sou uitoefen, sou die stempersentasie dit getoon het deur n wegblystem.
Geliefd onder sy mense en n krag om mee rekening te hou.

marous ·

As meeste lande in leiers van die man se kaliber gehad het …maar helaas ,

Denise ·

Ek stem Eish defnitief kragtig en hy het n sterk persoonlikheid !!!!

Waarheid ·

Navalny kan nie met Malema vergelyk word nie, ek s verstom oor die onkunde! Hy staan op teen n totale korrupsie, wat werklik in Rusland aangaan, onder die elite.

DewaldS ·

Navalny is ‘n moeilikheidmaker en hy probeer met onwettighede wegkom. Hy word waarskynlik befonds deur die globaliste wat Rusland probeer de-stabiliseer. Jy lees en kyk dalk te veel BBC en CNN, Waarheid. Dis wat jou waarheid so bietjie skeeftrek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.